Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » botter
botter [boodskap #127789] Vr, 20 September 2019 20:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Botter.
Botter.
botter
Afbreking: bot•ter
Uitspraak: /ˈbotər/


Selfstandige naamwoord: botter
Meervoud: botters
Verkleinwoord: bottertjie
Meervoud van verkleining: bottertjies

Betekenis:
• Gelerige vetstof wat verkry word as die room van melk afgeskep en gekarring of geklits word.
• Sagte smeerstof (soos margarine) wat as vervanging van botter dien.

Gebruik:
• Sy smeer botter op die brood.
• Margarine is 'n plantaardige botter.

Spreekwoord:
Botter smelt nie in sy mond nie. [Hy hou hom baie onskuldig.]
• Die botter sal braai. [Die onreg sal bekend word.]
• Dis botter aan die galg smeer. [Dit is vergeefse moeite.]
• Dis botter op 'n warm klip. [Dis nuttelose moeite.]
• Dis botter op sy brood. [Dit sterk hom in sy kwaad.]
• Hy het botter aan sy hande. [Onhandig wees.]
• Hy het in die botter geval. [Groot geluk het hom getref.]
• Vars botter en warm brood, is 'n ou man se bittere dood. [Gesê as 'n ou man met 'n jong vrou trou.]

Afgelei:
• plaasbotter
• kokosbotter
• bebotter

Vertaling:
Engels: butter
Nederlands: boter


Werkwoord: botter
Verlede tyd: het gebotter

Betekenis:
• Met botter smeer.

Gebruik:
• Sy botter die brood aan beide kante.

Vertaling:
Engels: to butter
Nederlands: boteren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bottel
Volgende onderwerp: opskryf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 00:13:52 MGT 2024