Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bottel
bottel [boodskap #127788] Vr, 20 September 2019 20:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19514
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Brief in 'n bottel.
'n Brief in 'n bottel.
bottel
Afbreking: bot•tel


Selfstandige naamwoord: bottel
Meervoud: bottels
Verkleinwoord: botteltjie
Meervoud van verkleining: botteltjies

Betekenis:
• 'n Langwerpige houer vir vloeistof, gewoonlik van glas of plastiek, met 'n vernoude nek wat met 'n prop of kurk afgesluit word.
• Die inhoud van so 'n houer (b.v. 'n bottel bier).

Gebruik:
• Hy plaas 'n noodbrief is in 'n bottel en gooi dit in die see.
• Sy gooi 'n hele bottel worcestersous by die dis.

Spreekwoord:
• Al bars die bottel. [Dit moet, al gebeur wat ook al.]
• Dis al 'n hele sluk op die bottel. [Dit help baie.]
• Hy het die bottel goed aangespreek. [Hy is dronk.]
• Hy sien die bottel se boom. [Hy is dronk.]
• Iemand kyk diep in die bottel. [Hy drink graag.]
• Los die kan en vat die bottel. [Gesê aan iemand wat kla dat hy iets nie kan doen nie.]

Hiponiem:
• asynbottel
• bababottel
• bierbottel
• brandewynbottel
• melkbottel
• plastiekbottel
• wynbottel

Afgelei:
• bottelaar
• bottelary
• bottelborsel
• botteldop
• bottelmasjien
• botteloopmaker
• bottelprop
• bottelrak

Vertaling:
Engels: bottle
Nederlands: fles

'n Bottelary waar koeldrank gebottel word.
'n Bottelary waar koeldrank gebottel word.

Werkwoord: bottel
Verlede tyd: het gebottel

Betekenis:
• Handeling om iets in 'n bottel te plaas.

Gebruik:
• Sy bottel gekookte perskes in stroop.
• Mineraalwater word meestal naby die bron gebottel en bemark.

Sinoniem:
• botteleer

Vertaling:
Engels: to bottle
Nederlands: bottelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: borsel
Volgende onderwerp: botter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jul 07 00:54:59 MGT 2024