Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vraat
vraat [boodskap #127713] Vr, 13 September 2019 15:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
vaat
Afbreking: vraat


Selfstandige naamwoord: vraat
Meervoud: vrate
Verkleinwoord: vraatjie
Meervoud van verkleining: vraatjies

Betekenis:
• Iemand wat altyd te veel eet of iemand wat gulsig eet.

Gebruik:
• Want 'n drinker en 'n vraat sal arm word; dronkenskap laat jou in vodde loop. [Spreuke 23:21]

Spreekwoord:
• Stuur groetnis aan die vrate. [Skertsend gesê aan iemand wat baie eet.]
• 'n Vraat word nie gebore nie, maar gemaak. [Deur baie te eet leer 'n mens om 'n vraat te word.]

Verwant:
• vreet
• vraatsigheid
• vraatsug
• vraatsugtig
• vraatsugtigheid

Vertaling:
Engels: glutton
Nederlands: vraat

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: pennevrug
Volgende onderwerp: hartlam
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 10:42:13 MGT 2024