Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » belofte
belofte [boodskap #127687] Ma, 09 September 2019 07:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
belofte
Afbreking: be•lof•te
Uitspraak: /bəˈlɔf.tə/


Selfstandige naamwoord: belofte
Meervoud: beloftes
Verkleinwoord: beloftetjie
Meervoud van verkleining: beloftetjies

Betekenis:
• Iets wat belowe is; mondelinge of skriftelike versekering dat iets gedoen sal word (al dan nie).

Gebruik:
• As jy 'n belofte breek is jou woord niks werd nie.
• Tydens die huweliksplegtigheid maak die paartjie 'n belofte om aan mekaar trou te bly.

Spreekwoord:
Beloftes maak skuld. [Kom jou beloftes na.]
Belofte maak skuld; wie daarop wag is gekuld. [Iemand moet sy belofte nakom.]
• Die belofte is goed, maar die eend lê die eier. [Praat is nie belangrik nie, maar die doen van die saak.]

Verwant:
• gelofte
• eed
• beloof
• sweer

Vertaling:
Engels: promise
Nederlands: belofte

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: beloning
Volgende onderwerp: belt
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 10:18:49 MGT 2024