Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » spilpunt
spilpunt [boodskap #127681] So, 08 September 2019 10:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Spilpuntbesproeiing
Spilpuntbesproeiing
spilpunt
Afbreking: spil•punt
Samestelling: spil + punt


Selfstandige naamwoord: spilpunt
Meervoud: spilpunte
Verkleinwoord: spilpuntjie
Meervoud van verkleining: spilpuntjies

Betekenis:
• Die punt (as) waarom iets draai.
• (figuurlik) Die middelpunt van iets.

Gebruik:
• Water word aan 'n sentrale spilpunt voorsien wat dan met roterende pype oor die plante gesproei word.
• Maak jou kombuis die spilpunt van jou huis.

Sinoniem:
• draaipunt
• swaaipunt

Afgelei:
• spilpuntbesproeiing
• spilpunt-drupbesproeiing

Vertaling:
Engels: center pivot, hub
Nederlands: spil

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: belangstelling
Volgende onderwerp: doeblering
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:57:23 MGT 2024