Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bel
bel [boodskap #127678] So, 08 September 2019 09:43
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Vrou wat iemand bel.
'n Vrou wat iemand bel.
bel
Afbreking: bel


Werkwoord: bel
Verlede tyd: het gebel

Betekenis:
• Iemand skakel; met 'n telefoon of selfoon in verbinding tree.

Gebruik:
Bel jou ma, sy is bekommerd oor jou.

Sinoniem:
• lui
• opbel
• skakel

Afgelei:
• beller
• terugbel

Vertaling:
Engels: to call, phone, ring, telephone
Nederlands: bellen, opbellen

'n Klokkie (bel).
'n Klokkie (bel).

Selfstandige naamwoord: bel
Meervoud: belle
Verkleinwoord: belletjie
Meervoud van verkleining: belletjies

Betekenis:
• 'n Kleinerige klok of iets wat daaraan herinner (oorbel, seepbel, snotbel).
• Die eenheid van geluid (afkorting B).

Gebruik:
• Die juffrou lui die bel tussen periodes.
• In plaas van die bel gebruik ons deesdae die desibel as geluidsmaat.

Spreekwoord:
• Wie sal die kat die bel aanbind? [Wie sal hierdie gevaarlike werk durf doen?]
• Die klok hoor lui, maar nie weet waar die bel hang. [Iets van 'n saak gehoor, maar weet niks van die besonderhede.]

Vertaling:
Engels: bell
Nederlands: bel, klokje

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bekommerd
Volgende onderwerp: beland
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:39:27 MGT 2024