Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bakkopslang
bakkopslang [boodskap #127653] Vr, 06 September 2019 14:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Egiptiese kobra.
'n Egiptiese kobra.
bakkopslang
Afbreking: bak•kop•slang
Samestelling: bakkop + slang


Selfstandige naamwoord: bakkopslang
Meervoud: bakkopslange
Verkleinwoord: bakkopslangetjie
Meervoud van verkleining: bakkopslangetjies

Betekenis:
• 'n Slang met 'n kop wat bak staan, soos 'n rinkhals of koperkapel (geelslang).

Gebruik:
• Die menslike natuur neig om soos 'n bakkopslang orent te skiet en venyn uit te spoeg.
• Die Farao se kroon was van wit, deurskynende porselein gemaak, met 'n breë, goue rand onderom, en 'n bakkopslang bo die voorhoof.

Sinoniem:
• bakkapel
• bakkop
• kobra

Vertaling:
Engels: hooded snake
Nederlands: slang met capuchon

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bedek
Volgende onderwerp: bedrag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:51:11 MGT 2024