Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bank
bank [boodskap #127644] Wo, 04 September 2019 05:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Bank in 'n park.
'n Bank in 'n park.
bank
Afbreking: bank
Uitspraak: /baŋk/


Selfstandige naamwoord: bank
Meervoud: banke
Verkleinwoord: bankie
Meervoud van verkleining: bankies

Betekenis:
• Finansiële instelling waar mens geld bêre en weer kan trek.
• 'n Plek waar voorraad aangehou word (bloedbank, dababank, beeldbank, ens.).
• Langwerpige meubelstuk waarop twee of meer mense kan sit (sitbank, rusbank, ens.).
• Werktafel (skoolbank, draaibank, ens.).
• Oewer; die wal van 'n rivier (rivierbank).
• 'n Verheffing van die bodem (sandbank, oogbank, ens.).

Gebruik:
• Hy het het 'n spaarrekening by die bank.
• Sy skenk bloed by die bloedbank.
• Ons sit op die bank en TV kyk.
• Die timmerman werskaf by sy werksbank.
• Die vissers kampeer op die rivier se bank.
• Die boot het op 'n bank vasgeloop.

Spreekwoord:
• Deur die bank. [Almal, sonder uitsondering.]

Afgelei:
• draaibank
• folterbank
• leerbank
• oogbank
• reserwebank
• rivierbank
• sandbank
• sitkamerbank
• skoolbank
• toonbank
• werksbank

Vertaling:
Engels: bank; couch, bench, seat
Nederlands: bank


Werkwoord: bank
Verlede tyd: het gebank

Betekenis:
• Geld by die bank inbetaal; deponeer.

Gebruik:
• Jy moet die geld so gou as moontlik gaan bank.

Afgelei:
• bankkaart
• bankrekening
• bankstaat

Vertaling:
Engels: to deposit, bank
Nederlands: banken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: mislukking
Volgende onderwerp: basies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 10:19:50 MGT 2024