Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » saai
saai [boodskap #127632] So, 01 September 2019 15:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Man wat saad saai.
'n Man wat saad saai.
saai
Afbreking: saai


Werkwoord: saai
Verlede tyd: het gesaai

Betekenis:
• Saad strooi of plant sodat dit kan ontkiem en tot plante kan groei.
• Uitstrooi; verspreid wees.

Gebruik:
• Die boere saai gewoonlik mielies van September tot Desember.
• Die mense wat bereid is om te help is maar dun gesaai.

Spreekwoord:
• Onkruid saai. [Moeilikheid veroorsaak.]
• Maai wat jy saai. [Die gevolge van jou dade dra.]
• Hy saai kwaad saad. [Probeer om moeilikheid te veroorsaak.]
• Wat jy saai, sal jy maai. [Jy sal die gevolge van jou dade moet dra.]
• Wie wil maai, moet saai. [As 'n mens iets wil verdien, moet jy eers werk.]
• Wie nie saai nie, sal nie maai nie. ['n Mens moet werk as hy sukses wil hê.]
• Wie onrus saai, sal moeite maai. [Wie slegte doen, moet die slegte gevolge dra.]
• Wie wind saai, sal storm oes. [Wie kwaad stig, kry dit dikwels dubbel terug. [Wie oproer verwek, word die slagoffer daarvan.]

Sinoniem:
• plant

Afgelei:
• saaiboer
• saaigrond
• saailand

Vertaling:
Engels: to sow, scatter
Nederlands: zaaien


Byvoeglike naamwoord: saai
Vergrotende trap: saaier
Oortreffende trap: saaiste
Attributief: saai
Intensief: doodsaai

Betekenis:
• Wat nie boeiend of interessant is nie.

Gebruik:
• Sy saai bestaan word deur sy geheime ontmoetings met haar opgehelder.

Sinoniem:
• eentonig
• oninteressant
• vervelend

Antoniem:
• interessant

Vertaling:
Engels: boring, dull, humdrum, tedious
Nederlands: saai

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dronk
Volgende onderwerp: buideldier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:51:27 MGT 2024