Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dronk
dronk [boodskap #127627] So, 01 September 2019 07:05
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dronk
Afbreking: dronk


Byvoeglike naamwoord: dronk
Vergrotende trap: dronker
Oortreffende trap: dronkste
Attributief: dronk
Partitief: dronks
Intensief: smoordronk, stormdronk, stomdronk, diepdronk, dikdronk, horingdronk, papdronk, poepdronk

Betekenis:
• Onder invloed van te veel alkohol.

Gebruik:
• Daar is steeds te veel dronk bestuurders op ons paaie.

Spreekwoord:
• Dit slaan my dronk. [Dit verbaas my.]
• Die mond van die dronk man praat die waarheid. [Iemand wat dronk is, kan nie 'n geheim hou nie.]

Vergelyking:
• So dronk soos 'n tor.

Sinoniem:
• aangeklam
• besope
• gekoring

Antoniem:
• nugter

Afgelei:
• dronkaard
• dronklap
• dronkenskap

Vertaling:
Engels: drunk
Nederlands: dronken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: laag
Volgende onderwerp: saai
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:30:37 MGT 2024