Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » laag
laag [boodskap #127626] So, 01 September 2019 06:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
laag
Afbreking: laag
Uitspraak: /lɑːχ/


Selfstandige naamwoord: laag
Meervoud: lae
Verkleinwoord: lagie
Meervoud van verkleining: lagies

Betekenis:
• Horisontale massa; iets wat in twee rigtings uitstrek, maar 'n beperkte dikte het; bedekking.
• Dele bo-op mekaar.

Gebruik:
• Danksy die meteorietinslag van 65 miljoen jaar gelede bevat die laag baie iridium.
• Die koek het een laag room en twee lae versiersuiker.

Spreekwoord:
• Hy gee my die volle laag. [Hy sê my sleg, val my aan.]

Afgelei:
• laagte
• laagwater

Vertaling:
Engels: layer, stratum
Nederlands: laag


Byvoeglike naamwoord: laag
Vergrotende trap: laer
Oortreffende trap: laagste
Attributief: lae
Partitief: laags
Intensief: hondlaag

Betekenis:
• Naby aan die grond; nie hoog nie.
• Min; klein; gering.
• Gemeen; lelik.

Gebruik:
• Die stoel is laag.
• Die prys is besonder laag.
• Dit is laag van haar om so te jok.

Spreekwoord:
• Hoog en laag sweer. [By die hemel en aarde sweer.]
• Hoog gevlieg en laag geval. [Iemand het te weelderig gelewe en toe bankrot gespeel.]

Antoniem:
• hoog

Vertaling:
Engels: low, base; mean, abject, vile, foul
Nederlands: laag

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lam
Volgende onderwerp: dronk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:45:38 MGT 2024