Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lam
lam [boodskap #127625] So, 01 September 2019 06:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Lam.
'n Lam.
lam
Afbreking: lam
Uitspraak: /lɑm/


Selfstandige naamwoord: lam, lammer
Meervoud: lamme, lammers
Verkleinwoord: lammertjie, lammetjie
Meervoud van verkleining: lammertjies, lammetjies

Betekenis:
• 'n Jong skaap of bok.
• Die vleis van 'n jong skaap of bok (slegs enkelvoud).

Gebruik:
• Die lam word met 'n bottel gevoer.
• Vanaand eet ons lam.

Spreekwoord:
• Soos 'n lam na die slagpale gelei word. [Sonder verset jou ondergang tegemoetgaan.]

Vertaling:
Engels: lamb
Nederlands: lam
Xhosa: itakane legusha
Zoeloe: imvana, iwundlu


Werkwoord: lam
Verlede tyd: het gelam

Betekenis:
• Lammers kry.

Gebruik:
• Die skape is besig om te lam.

Vertaling:
Engels: to lamb
Nederlands: lammeren


Byvoeglike naamwoord: lam
Vergrotende trap: lammer
Oortreffende trap: lamste
Attributief: lamme
Partitief: lams
Intensief: boeglam, doodlam

Betekenis:
• Nie meer in staat is om te beweeg nie; verlam.
• Lui en futloos.

Gebruik:
• Ná die ongeluk is sy lam in die onderlyf.
• Haar arm is lam na al die harde werk.

Afgelei:
• lamheid

Vertaling:
Engels: paralysed; tired, weary, fatigued
Nederlands: lam

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: pers
Volgende onderwerp: laag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:55:26 MGT 2024