Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pers
pers [boodskap #127624] So, 01 September 2019 05:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Skakerings van pers.
Skakerings van pers.
pers
Afbreking: pers
Uitspraak: /pɛrs/


Byvoeglike naamwoord: pers
Vergrotende trap: perser
Oortreffende trap: persste
Attributief: pers
Intensief: pimpelpers, skreeupers

Betekenis:
• (kleur) 'n Mengsel van rooi en blou; 'n rooiblou kleur.

Gebruik:
• Sy dra 'n pers rok na die bal.
• Hulle het hom pimpel en pers geslaan.

Sinoniem:
• purper

Vertaling:
Engels: violet, purple
Nederlands: paars


Selfstandige naamwoord: pers
Meervoud: perse
Verkleinwoord: persie
Meervoud van verkleining: persies

Betekenis:
• Koerantwese; joernalistieke media.
• Masjien waarmee papier gedruk word; drukpers.
• Instrument waarmee iets tussen twee plate hard gedruk word.

Gebruik:
• Die debat oor plaasmoorde word druk in die pers bespreek.
• Die pers loop deur die nag om die koerant betyds klaar te kry.
• Die pers is stukkend en moet reggemaak word.

Spreekwoord:
• Hy verskyn in die geel pers. [Koerant en tydskrifte wat meestal ongegronde sensasieberigte publiseer.]

Vertaling:
Engels: press; squeezer
Nederlands: pers


Werkwoord: pers
Verlede tyd: het gepers

Betekenis:
• Druk uitoefen.
• Met krag êrens deur dwing.

Gebruik:
• Die masjiene pers 'n aantal lae foelie op elkaar tot panele van die gewenste dikte.
• Sy pers haarself deur die klein opening.

Vertaling:
Engels: to press; to squeeze
Nederlands: persen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vuil
Volgende onderwerp: lam
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:44:01 MGT 2024