Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » baklei
baklei [boodskap #127614] Sa, 31 Augustus 2019 07:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Mense wat baklei.
Mense wat baklei.
baklei
Afbreking: ba•klei
Uitspraak: /bəˈkləi̯/


Werkwoord: baklei
Verlede tyd: het baklei (het gebaklei)

Betekenis:
• Om te veg; 'n konflik fisies besleg, soos om met die vuiste te slaan.
• Om te stry; rusie maak; onenigheid deur woordewisseling besleg.

Gebruik:
• Die seuns baklei op die speelgrond.
• Die meisies baklei oor wie die mooiste rok dra.

Sinoniem:
• kibbel
• stry
• twis
• veg

Afgelei:
• bakleier
• bakleierig
• bakleiery
• terugbaklei
• uitbaklei

Vertaling:
Engels: to fight, scuffle, brawl; to quarrel, argue
Nederlands: strijden, vechten, kampen

Nota:
• Waarskynlik van Maleis, bakalahi.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: inset
Volgende onderwerp: baksteen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:51:24 MGT 2024