Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » inset
inset [boodskap #127613] Sa, 31 Augustus 2019 07:07
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
inset
Afbreking: in•set


Selfstandige naamwoord: inset
Meervoud: insette
Verkleinwoord: insetjie
Meervoud van verkleining: insetjies

Betekenis:
• Die begin van iets; aanvang.
• Eerste bod wat tydens 'n bieëry (by 'n veiling) gemaak word; insetprys.
• Bydrae wat gelewer word; wat mens doen om 'n doel te bereik.

Gebruik:
• Ná die inset van die ystydperk het ys op die pole begin versamel.
• Met 'n inset van R100 het kopers op die item begin bie.
• Jy sal jou inset moet verhoog, anders gaan ons nooit klaarkry nie.

Hiponiem:
• insetkoste
• insetprys

Vertaling:
Engels: beginning; bet, stake; commitment, effort
Nederlands: inzet

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bak
Volgende onderwerp: baklei
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:31:55 MGT 2024