Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » doodgaan
doodgaan [boodskap #127609] Vr, 30 Augustus 2019 15:13
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
doodgaan
Afbreking: dood•gaan
Samestelling: dood + gaan
Uitspraak: /ˈduə̯txɑːn/


Werkwoord: gaan dood, doodgaan
Verlede tyd: het doodgegaan
Teenwoordige deelwoord: doodgaande

Betekenis:
• Ophou om te lewe; die lewe verlaat.
• Ophou om te brand.

Gebruik:
• Ek wil nie nou al doodgaan nie! Moenie jou kinders alles laat erf voordat jy doodgaan nie.
• Die lamp het doodgegaan.

Sinoniem:
• sterf
• sterwe
• heengaan
• wegval
• vrek
• afkap

Vertaling:
Engels: to die; go out
Nederlands: doodgaan

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ouerleiding
Volgende onderwerp: larwe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:25:37 MGT 2024