Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » baas
baas [boodskap #127604] Vr, 30 Augustus 2019 06:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
baas
Afbreking: baas
Uitspraak: /bɑːs/


Selfstandige naamwoord: baas
Meervoud: base
Verkleinwoord: basie
Meervoud van verkleining: basies

Betekenis:
• Die eienaar of besitter van iets.
• Die hoof wat oor iemand aangestel is.
• Iemand wat iets beter as ander kan doen.

Gebruik:
• 'n Hond moet leer om sy baas te gehoorsaam.
• Ek staan in terwyl my baas op verlof is.
• Koos is 'n baasvegter.

Spreekwoord:
• Slim vang sy baas. ['n Mens kan jou vasloop deur te slim te wil wees.]
• Elkeen is baas op sy eie erf. [Elkeen kan in sy eie huis maak soos hy wil.]
• Eers baas en dan Klaas. [Die meerdere moet eers gehelp of bedien word.]
• As die kat weg is, is die muis baas. [Wanneer die baas weg is, maak die onderhoriges net wat hulle wil.]
• Klein baas is beter as groot kneg. [Dis beter om selfstandig te wees, al is dit op klein skaal, as om 'n dienaar van ander te wees.]
• As bobbejaan sy stert verbrand, byt hy sy baas. [As iemand 'n fout begaan of homself skade aandoen, blameer hy dikwels iemand anders daarvoor.]
• Vaak raak vir bang baas. [Gesê as 'n kind so vaak raak dat hy ten spyte van sy bangheid gaan slaap.]

Sinoniem:
• bestuurder
• leier
• opsigter
• voorman
• hoofman

Antoniem:
• klaas

Vertaling:
Engels: master, boss; manager, chief, fore-man, overseer; champion
Nederlands: baas

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: objektief
Volgende onderwerp: babasussie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:51:22 MGT 2024