Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » baan
baan [boodskap #127601] Do, 29 Augustus 2019 20:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Pad met twee bane, elke baan het drie lane.
'n Pad met twee bane, elke baan het drie lane.
baan
Afbreking: baan


Selfstandige naamwoord: baan
Meervoud: bane
Verkleinwoord: baantjie
Meervoud van verkleining: baantjies

Betekenis:
• 'n Lang reghoekige strook of oppervlak (skietbaan, bane van 'n vlag, ens.)
• (verkeer) Gedeelte van 'n pad; 'n verkeersweg vir karre of die opstyg en land van vliegtuie.
• (sport) Langwerpige terrein vir die beoefening van sportsoorte soos tennis, gholf en rolbal.
• (natuurkunde) Pad wat 'n planeet volg; die trajek van 'n projektiel of hemelliggaam.
• 'n Dansvloer.

Gebruik:
• Die vlag het drie horisontale bane.
• Ry in die linkerkantste baan en draai by die volgende afrit af.
• Die roeiers in baan drie het 'n duidelike voorsprong.
• Die satelliet beweeg in 'n vaste baan om die aarde.
• Die paartjie het die baan geopen.

Spreekwoord:
• Van die baan wees. [Uitgestel wees.]
• Hy skop 'n baan op. [Rusie, lawaai maak.]
• Op 'n gladde baan. [Op die verkeerde baan.]
• Op die lange baan skuif. [Vir 'n onbepaalde tyd uitstel.]
• Sy is kaatjie van die baan. [Die aanvoerder; voorste een wat lawaai maak.]
• 'n Baan breek. [Nuwe paaie inslaan; die eerste en vernaamste moeilikhede uit die weg ruim.]

Afgelei:
• atletiekbaan
• gholfbaan
• produksiebaan
• rolbalbaan
• skietbaan
• sonbaan
• tennisbaan
• verkeersbaan

Vertaling:
Engels: path, carriageway, track; lane, courts; course, orbit; floor
Nederlands: baan


Werkwoord: baan
Verlede tyd: het gebaan

Betekenis:
• Om 'n pad te maak waar daar nie vantevore een was nie.

Gebruik:
• Hy het sy weg deur die bosse gebaan.

Spreekwoord:
• Hy baan die weg vir ons. [Hy skep die geleentheid.]

Vertaling:
Engels: to make way, clear a path
Nederlands: banen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: baadjie
Volgende onderwerp: subjektief
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:38:33 MGT 2024