Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » baadjie
baadjie [boodskap #127600] Do, 29 Augustus 2019 16:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Baadjie.
'n Baadjie.
baadjie
Afbreking: baad•jie
Uitspraak: /ˈbɑːɪ̯ki/


Selfstandige naamwoord: baadjie
Meervoud: baadjies
Verkleinwoord: baadjietjie
Meervoud van verkleining: baadjietjies

Betekenis:
• Kledingstuk wat die bolyf en arms bedek en oor die klere (hemp of bloes) gedra word.

Gebruik:
• 'n Sweetpak is 'n stel sportklere wat uit 'n oefenbroek en 'n baadjie met 'n ritssluiter bestaan.

Spreekwoord:
• Dis bo jou baadjie. [Bokant jou vermoëns.]
• Iemand op sy baadjie gee. [Iemand pak slae gee.]
• Op jou baadjie kry. [Die onderspit delf; slae kry.]
• Hy het die geel baadjie aan. [Hy is jaloers.]
• Hy kry die blou baadjie. [Tot gewoontemisdadiger verklaar word.]
• Hy eet die aartappels met broek en baadjie. [Met die skil; net soos dit is.]
• Iemand op sy baadjie takseer. [Iemand na sy uiterlike beoordeel.]
• Jantjie se baadjie aanhê. [Jy is jaloers.]
• Jou baadjie vir 'n ander uittrek. [Baie goedhartig wees.]
• Jy moet jou baadjie uittrek. [Jy moet hard werk; klaarmaak om te baklei.]
• Prosedeer oor 'n baadjie - en hou jou broek klaar vir onkoste. [Wie hof toe gaan, moet hoë koste aangaan, al verloor of wen hy die saak.]

Meroniem:
• baadjieknoop
• baadjiekraag
• baadjiesak

Hiponiem:
• deminbaadjie
• kleurbaadjie
• leerbaadjie
• onderbaadjie
• reddingsbaadjie
• skoolbaadjie
• sportbaadjie
• swaelstertbaadjie
• sweetpakbaadjie

Vertaling:
Engels: jacket, blazer
Nederlands: jasje, colbert
Xhosa: -bhatyi 5

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: nokturne
Volgende onderwerp: baan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:37:55 MGT 2024