Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vel
vel [boodskap #127588] Di, 27 Augustus 2019 19:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die menslike vel.
Die menslike vel.
'n Springbokvel.
'n Springbokvel.
vel
Afbreking: vel
Uitspraak: /fɛl/


Selfstandige naamwoord: vel
Meervoud: velle
Verkleinwoord: velletjie
Meervoud van verkleining: velletjies

Betekenis:
• Huid wat die liggaam van 'n mens of dier bedek.
• 'n Dun vlies, soos 'n blad papier.

Gebruik:
• Sy bad in melk om haar vel sag en soepel te hou.
• Het jy vir my 'n ekstra vel om op te skryf?

Spreekwoord:
• Hy het 'n dik vel. [Ongevoelig wees.]
• Sy is net vel en been. [Baie maer.]
• Iemand die vel oor die ore trek. [Hom glad te veel laat betaal.]
• Iemand se vel afstroop. [Iemand te duur laat betaal.]
• 'n Riempie van die ou vel wees. [Na jou ouers aard.]
• Rieme sny na die vel. [Klaarkom met wat jy het.]
• Van 'n ander se vel breë rieme sny. [Met 'n ander se goed spandabel te werk gaan.]
• Moenie die beer se vel verkoop voor jy hom geskiet het nie. [Wag tot jy iets werklik in jou sak het.]

Sinoniem:
• huid

Hiponiem:
• abbavel
• bokvel
• dravel

Afgelei:
• velkwaal
• veluitslag
• velversorging

Homofoon:
• fel (hewig of skerp)

Vertaling:
Engels: skin, hide; sheet of paper, membrane
Nederlands: vel


Werkwoord: vel
Verlede tyd: het gevel
Teenwoordige deelwoord: vellende

Betekenis:
• Laat omval; afkap; sloop.
• Regterlik beslis; vonnis uitspreek.

Gebruik:
• Hy vel die boom.
• Die regter vel die vonnis.

Vertaling:
Engels: to fell, flog; to pass
Nederlands: vellen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: fel
Volgende onderwerp: dawer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:31:42 MGT 2024