Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » artikel
artikel [boodskap #127583] Di, 27 Augustus 2019 06:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
artikel
Afbreking: ar•ti•kel


Selfstandige naamwoord: artikel
Meervoud: artikels
Verkleinwoord: artikeltjie
Meervoud van verkleining: artikeltjies

Betekenis:
• Algemene naam vir enige voorwerp (soos wat tipies in die handel te koop is).
• Gepubliseerde teks, soos 'n stuk in 'n tydskrif, koerant of ensiklopedie.
• (juridies) Een van die bepalinge waaruit 'n wet bestaan.
• (taalkunde) 'n Lidwoord; woord voor 'n selfstandige naamwoord wat bepaaldheid aandui.

Gebruik:
• Die artikel se prys is afgemerk.
• Hy skryf 'n artikel vir die koerant.
• Die bepaling kan in artikel 47 van die genoemde wet gevind word.
• Die bepaalde artikel in Afrikaans is "die" en die onbepaalde artikel is "’n".

Afkorting:
• art.

Afgelei:
• hoofartikel
• tydskrifartikel
• uitvoerartikel
• verbruiksartikel
• voorbladartikel
• weeldeartikel
• wetsartikel

Vertaling:
Engels: item, commodity, article
Nederlands: artikel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: armband
Volgende onderwerp: asem
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:28:30 MGT 2024