Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » af
af [boodskap #127557] So, 25 Augustus 2019 10:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
af
Afbreking: af


Byvoeglike naamwoord: af
Vergrotende trap: affer
Oortreffende trap: afste
Attributief: af
Intensief: morsaf

Betekenis:
• Wat afgeskakel is en nie op die oomblik werk nie.
• Iets wat na 'n laer plek toe daal of gedaal het.
• Wat gebreek en nie meer aangeheg is nie.

Gebruik:
• Die ketel is af.
• Die prys van eiers is af.
• Die hond se been is af.

Antoniem:
• aan
• op

Vertaling:
Engels: off; down
Nederlands: af


Bywoord: af

Betekenis:
• Weggaan; 'n plek verlaat.
• Nie langer op of aan iets nie.

Gebruik:
• Hy hardloop van die ongeluk af.
• Hy was die modder af.

Vertaling:
Engels: off
Nederlands: af


Voorsetsel: af

Betekenis:
• Na onder of benede beweeg.

Gebruik:
• Haal jou voete van die tafel af.
• Hy klim die berg af.

Antoniem:
• op

Vertaling:
Engels: off; down
Nederlands: af

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: advertensie
Volgende onderwerp: aflei
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:23:58 MGT 2024