Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » adres
adres [boodskap #127552] So, 25 Augustus 2019 07:52
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
adres
Afbreking: a•dres
Uitspraak: /ɑˈdres/


Selfstandige naamwoord: adres
Meervoud: adresse
Verkleinwoord: adressie
Meervoud van verkleining: adressies

Betekenis:
• Straatnaam waar iemand woon of werk, of posbus waar 'n persoon bereik kan word; aanwysing van woon- of verblyfplek; ligging van iemand se tuiste.

Gebruik:
• Skryf die ontvanger se adres voor op die koevert en jou adres agterop.

Spreekwoord:
• Aan iemand se adres gerig. [Spesiaal bedoel vir ’n bepaalde persoon.]

Hiponiem:
• e-posadres
• IP-adres
• huisadres
• posadres
• werkadres
• terugadres
• terugkeeradres

Afgelei:
• adresboek
• adresverandering

Vertaling:
Engels: address, direction
Nederlands: adres

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aartappel
Volgende onderwerp: adverteer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 10:01:50 MGT 2024