Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Willem en my ma
Willem en my ma [boodskap #12751] Sa, 21 Februarie 1998 00:00
ing...  is tans af-lyn  ing...
Boodskappe: 16
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Junior Lid
Dis omtrent wat ek ook gedink het, en so was dit al lankal.

Nog iets: toe ek sewe jaar gelede in za was, het ek in n winkeltjie
gewerk. Een dag sien ek dat die kind (10 jaar?) wat die vloere na
skool kom was het, lelike merke op haar bene het. Dit blyk toe dat sy
op skool deur juffrou geslaan is omdat sy nie n som op die
swartbord(of is dit deesdae die witbord?) kon doen nie. En juffrou
het sommer gereeld die sambok gebruik.

Dit is beslis teen die wet, Dit was in ellk geval n liewe kind.

Maar toe ek na die polisie gegaan het (eers n doktor) wou hulle niks
doen nie, want die kind se ma moes die klag le, en die kind se ma het
my toe vertel dat sy dit nie kon doen nie want hulle was nie eintlik
in daardie skoolwyk nie, en die kind was net as n guns by daardie
skool.
(Hoekom sy nie by haar eie wykskool was nie, is n ander onsmakelike
storie.)
Die punt is, nie dat die polisie sg niks kon doen nie, maar dat die
kinders gereeld geslaan is by daardie skool, en dat juffrou nooit
toegelaat sou wees om wit kinders so te behandel nie.

Nee wat, as ek dink aan die stories wat die huilhulpe kan vertel oor
hulle ervarings, dan is ek bly ek hoef nie swart te wees nie.
Vorige onderwerp: Hmmm
Volgende onderwerp: Re: iets wat ek nooit kon verstaan nie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jun 11 00:57:26 MGT 2024