Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » donkie
donkie [boodskap #127473] Do, 15 Augustus 2019 20:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Donkie.
'n Donkie.
donkie
Afbreking: don•kie


Selfstandige naamwoord: donkie
Meervoud: donkies
Verkleinwoord: donkietjie
Meervoud van verkleining: donkietjies

Betekenis:
• Makgemaakte soogdier, kleiner as 'n perd en 'n muil, met langer ore, wat as pak- en trekdier gebruik word, Equus africanus asinus.
• 'n Dom of onintelligent persoon; 'n idioot.
• Toestel om water met vuur warm te maak.

Gebruik:
• Die donkie steek viervoet vas en weier om verder te loop.
• Hy is 'n regte donkie.
• Ek stook die donkie vir badwater.

Spreekwoord:
Donkie skel vir Langoor uit. [Gesê as albei dieselfde fout het.]
• 'n Donkie stamp hom twee maal aan dieselfde klip. [Net 'n dom mens maak dieselfde fout.]
• Van 'n donkie moet jy 'n skop verwag. [Van 'n onbeskofte persoon moet jy slegte behandeling verwag.]
• As die donkie eers groenvoer geëet het. [As 'n mens eers iets ongeoorloofs gedoen het, is dit moeilik om dit nie weer te doen nie.]

Sinoniem:
• esel

Hiponiem:
• pakdonkie

Afgelei:
• donkiehings
• donkiekar
• donkiemerrie

Vertaling:
Engels: donkey
Nederlands: ezel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bakker
Volgende onderwerp: werklikheid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 10:22:59 MGT 2024