Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » klopdisselboom
klopdisselboom [boodskap #127453] Ma, 12 Augustus 2019 15:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Donkiekar met die disselboom sigbaar.
'n Donkiekar met die disselboom sigbaar.
klopdisselboom
Afbreking: klop•dis•sel•boom
Samestelling: klop (ww.) + disselboom (s.nw.)


Selfstandige naamwoord: klopdisselboom
Meervoud:

Betekenis:
• Dit gaan goed; alles loop reg; voor die wind.

Gebruik:
• Hoe gaan dit? Dit gaan sommer klopdisselboom, ou vriend!
• Maar klopdisselboom was dit deurgaans nie.

Sinoniem:
• goed
• voorspoedig
• uitstekend
• eersteklas

Antoniem:
• sleg

Vertaling:
Engels: plain sailing, with a knocking drawbar
Nederlands: geen problemen

Nota:
• As 'n perdekar (of donkiekar) eweredig gelaai is, wys die disselboom horisontaal, en as die perde draf, klop die disselboom reëlmatig teen die draaghout.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kwaad
Volgende onderwerp: beskuldig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 14:03:05 MGT 2024