Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » mamparra
mamparra [boodskap #127443] So, 11 Augustus 2019 15:09
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Muur wat met mamparras gebou is.
'n Muur wat met mamparras gebou is.
mamparra
Afbreking: mam•par•ra
Uitspraak: /mamˈpa.ra/


Selfstandige naamwoord: mamparra
Meervoud: mamparras
Verkleinwoord: mamparratjie
Meervoud van verkleining: mamparratjies

Betekenis:
• 'n Goedkoop tipe baksteen vir die bou van mure wat gepleister gaan word.
• (skelwoord) 'n Dom of belaglike persoon; iemand wat swak oordeel of min intelligensie openbaar.

Gebruik:
• Die muur word aan die buitekant met klinkers en aan die binnekant met mamparras gebou.
• Die mamparra dink dat die internasionale gemeenskap tot ons redding sal kom.

Sinoniem:
• dwaas
• idioot
• moegoe

Spelfout:
• mampara

Vertaling:
Engels: fool, buffoon
Nederlands: oen, kloothommel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: fluister
Volgende onderwerp: bye
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 10:08:57 MGT 2024