Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » weerkaats
weerkaats [boodskap #127437] So, 11 Augustus 2019 11:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
weerkaats
Afbreking: weer•kaats
Samestelling: weer (bw.) + kaats (ww.)


Werkwoord: weerkaats
Verlede tyd: het weerkaats
Teenwoordige deelwoord: weerkaatsende

Betekenis:
• Deur elastiese botsing van rigting verander, tipies deur lig of 'n beeld terug te reflekteer.

Gebruik:
• Die son weerkaats in die water.
• Swart voorwerpe vertoon swart omdat hulle nie lig weerkaats nie.

Sinoniem:
• reflekteer
• terugkaats
• weerspieël

Antoniem:
• deurlaat

Afgelei:
• weerkaatsing

Vertaling:
Engels: to reflect, rebound
Nederlands: weerkaatsen, weerspiegelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vredewens
Volgende onderwerp: venster
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:49:02 MGT 2024