Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skaar
skaar [boodskap #127426] Sa, 10 Augustus 2019 20:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Ploeg met ses skare.
'n Ploeg met ses skare.
skaar
Afbreking: skaar


Selfstandige naamwoord: skaar
Meervoud: skare

Betekenis:
• Lem van 'n ploeg; ploegskaar.
• 'n Groot groep mense; menigte.
• 'n Kerf of keep in die snykant van iets.

Gebruik:
• Die skaar kloof die grond agter die trekker oop.
• 'n Skaar mense was met die hoeksteenlegging teenwoordig.
• Die lem het 'n skaar in.

Vertaling:
Engels: (plough-)share; crowd, host, multitude; notch, chip
Nederlands: schare


Werkwoord: skaar
Verlede tyd: het geskaar

Betekenis:
• Aansluit by, in 'n groep saamstaan; opstel, rangskik of orden.

Gebruik:
• Die meerderheid skaar hulle agter 'n derde kandidaat.
• Sy het haar agter die opposisieleier geskaar.

Vertaling:
Engels: to rally, line up
Nederlands: scharen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hieroor
Volgende onderwerp: vensterruit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:56:41 MGT 2024