Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » koue
koue [boodskap #127410] Sa, 10 Augustus 2019 08:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
koue
Afbreking: koue


Byvoeglike naamwoord: koud
Vergrotende trap: kouer
Oortreffende trap: koudste
Attributief: koue
Intensief: bibberkoud, yskoud

Betekenis:
• Attributiewe vorm van koud. Wat 'n lae temperatuur het; nie warm is nie; koel.

Gebruik:
• Sy druk haar koue hande teen my wange.

Spreekwoord:
• Ek skrik nie vir koue pampoen nie. [Ek word nie gou bang nie.]
Koue water op iemand omkeer. [Iemand se geesdrif demp.]
• Iemand 'n koue bad gee. [Iemand se geesdrif demp.]
• Sy is bang om haar hande in koue water te steek. [Hande-arbeid vermy.]
• Van liefde en koue water leef. [Skertsend gesê van 'n paartjie wat baie verlief is.]

Antoniem:
• warme

Vertaling:
Engels: cold, chilly
Nederlands: koude


Selfstandige naamwoord: koue
Meervoud: koues

Betekenis:
• Lae temperatuur of koel weer.
• Verkoue.

Gebruik:
• Die groot koue is nog nie verby nie.
• Sy is met 'n koue in die bed.

Wisselvorm:
• kou (digterlik)

Vertaling:
Engels: cold; catch a cold
Nederlands: koude

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: alweer
Volgende onderwerp: gemors
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:53:40 MGT 2024