Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » strand
strand [boodskap #127408] Sa, 10 Augustus 2019 07:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Strand.
'n Strand.
strand
Afbreking: strand
Uitspraak: /strant/


Selfstandige naamwoord: strand
Meervoud: strande
Verkleinwoord: strandjie
Meervoud van verkleining: strandjies

Betekenis:
• Oop strook land langs die kus; seestrand.

Gebruik:
• Sy lê op die strand in die son en bak.

Afgelei:
• sandstrand
• seestrand
• strandbal
• strandhuis
• strandlyn
• strandstoel
• strandwag

Vertaling:
Engels: beach, seaside, shore
Nederlands: strand


Werkwoord: strand
Verlede tyd: het gestrand

Betekenis:
• Teen die strand of die kus vasloop of vassit; skipbreuk ly.
• (figuurlik) Op 'n plek opgehou word en nie verder kan gaan nie.
• (figuurlik) Misluk.

Gebruik:
• Die skip het teen die rotse geloop en is besig om te strand.
• Die bus het gebreek en ons was vir die res van die dag gestrand gewees.
• Die onderhandelinge is besig om te strand.

Vertaling:
Engels: to strand, run ashore, run aground
Nederlands: stranden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: indruk
Volgende onderwerp: alweer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:34:44 MGT 2024