Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » indruk
indruk [boodskap #127405] Vr, 09 Augustus 2019 20:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
indruk
Afbreking: in•druk


Selfstandige naamwoord: indruk
Meervoud: indrukke
Verkleinwoord: indrukkie
Meervoud van verkleining: indrukkies

Betekenis:
• Hoe mens jou iets voorstel of daaraan dink; uitwerking van iets op die gemoed of die gees.

Gebruik:
• Ek sal my bes probeer om 'n goeie indruk te maak.

Sinoniem:
• impressie

Vertaling:
Engels: impression
Nederlands: indruk


Werkwoord: druk in, indruk
Verlede tyd: het ingedruk

Betekenis:
• Deur middel van druk na binne beweeg.
• Êrens inwurm.

Gebruik:
• Jy moet die rooi knop so vinnig as moontlik indruk!
• Sy wou voor in die tou indruk.

Vertaling:
Engels: to press into, push in; to jump the queue
Nederlands: indrukken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hool
Volgende onderwerp: strand
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 10:14:47 MGT 2024