Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stukkie
stukkie [boodskap #127400] Vr, 09 Augustus 2019 15:54
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
stukkie
Afbreking: stuk•kie


Selfstandige naamwoord: stuk
Meervoud: stukke
Verkleinwoord: stukkie
Meervoud van verkleining: stukkies

Betekenis:
• Verkleining van stuk. 'n Deeltjie of onderdeeltjie van 'n geheel.
• (sleng) 'n Meisie; vrystukkie.

Gebruik:
• 'n Stukkie van die legkaart is weg.
• Ek en my stukkie gaan vanaand fliek.

Spreekwoord:
• Iets van stukkie tot brokkie uiteensit. [Iets tot in die fynste besonderhede verduidelik.]
• 'n Leuen in nood is so goed soos 'n stukkie brood. ['n Leuen om jouself of ander uit die moeilikheid te help, kan soms verskoon word.]

Vertaling:
Engels: piece, bit, fragment, splinter
Nederlands: stukje

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: nodige
Volgende onderwerp: direk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 10:06:53 MGT 2024