Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » Die verlede tyd van die lydende vorm in die Afrikaans
Die verlede tyd van die lydende vorm in die Afrikaans [boodskap #12478 is 'n antwoord op boodskap #12501] Vr, 06 Februarie 1998 00:00 na volgende boodskap
Gerard van Wilgen[2]  is tans af-lyn  Gerard van Wilgen[2]
Boodskappe: 18
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Junior Lid
Ek het 'n vraag betreffende die lydende vorm in die Afrikaans;
naamlik, hoe word die verlede tyd van 'n sin in die lydende vorm
gemaak?

Byvoorbeeld die sin: "Die verhaal word vertel"

Het die werkwoord "word" in die Afrikaans 'n vorm vir die verlede tyd
soos in die Nederlands, of moet 'n mens die werkwoord "he^" gebruik
(Die verhaal het vertel geword)? Of is daar miskien nog 'n ander
manier?

Gerard van Wilgen

------------------------------------------------------------ ---
Ergane, 'n veeltalige woordeboekprogram vir Windows (vanaf
versie 3.1).

Die meest uitgebreide en geavanseerde taalprogram wat gratis
verkrygbaar is (woordelyste vir meer as 50 tale beskikbaar).

http://travlang.com/Ergane/
------------------------------------------------------------ ---
Re: Die verlede tyd van die lydende vorm in die Afrikaans [boodskap #12479 is 'n antwoord op boodskap #12478] Do, 05 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henry van Zyl  is tans af-lyn  Henry van Zyl
Boodskappe: 30
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Gerard van Wilgen wrote:

> Ek het 'n vraag betreffende die lydende vorm in die Afrikaans;
> naamlik, hoe word die verlede tyd van 'n sin in die lydende vorm
> gemaak?
>
> Byvoorbeeld die sin: "Die verhaal word vertel"

Bogenoemde is nie die verlede tyd nie. Die verlede tyd sou lui: "Die
verhaal is vertel"

>
>
> Het die werkwoord "word" in die Afrikaans 'n vorm vir die verlede tyd
> soos in die Nederlands, of moet 'n mens die werkwoord "he^" gebruik
> (Die verhaal het vertel geword)? Of is daar miskien nog 'n ander
> manier?
>
> Gerard van Wilgen
>
> ------------------------------------------------------------ ---
> Ergane, 'n veeltalige woordeboekprogram vir Windows (vanaf
> versie 3.1).
>
> Die meest uitgebreide en geavanseerde taalprogram wat gratis
> verkrygbaar is (woordelyste vir meer as 50 tale beskikbaar).
>
> http://travlang.com/Ergane/
> ------------------------------------------------------------ ---
Re: Die verlede tyd van die lydende vorm in die Afrikaans [boodskap #12499 is 'n antwoord op boodskap #12478] Vr, 06 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
J H Rykheer  is tans af-lyn  J H Rykheer
Boodskappe: 34
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Volle Lid
Gerard van Wilgen vra:
> Ek het 'n vraag betreffende die lydende vorm in die Afrikaans;
> naamlik, hoe word die verlede tyd van 'n sin in die lydende vorm
> gemaak?
> Byvoorbeeld die sin: "Die verhaal word vertel"

Jy sê net: Die verhaal is vertel...

Johanna Rykheer
Re: Die verlede tyd van die lydende vorm in die Afrikaans [boodskap #12500 is 'n antwoord op boodskap #12478] Vr, 06 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Dankie.

Hilda
Re: Die verlede tyd van die lydende vorm in die Afrikaans [boodskap #12501 is 'n antwoord op boodskap #12478] Do, 05 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henry van Zyl  is tans af-lyn  Henry van Zyl
Boodskappe: 30
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Gerard van Wilgen wrote:

> Ek het 'n vraag betreffende die lydende vorm in die Afrikaans;
> naamlik, hoe word die verlede tyd van 'n sin in die lydende vorm
> gemaak?
>
> Byvoorbeeld die sin: "Die verhaal word vertel"

Bogenoemde is nie die verlede tyd nie. Die verlede tyd sou lui: "Die
verhaal is vertel"

>
>
> Het die werkwoord "word" in die Afrikaans 'n vorm vir die verlede tyd
> soos in die Nederlands, of moet 'n mens die werkwoord "he^" gebruik
> (Die verhaal het vertel geword)? Of is daar miskien nog 'n ander
> manier?
>
> Gerard van Wilgen
>
> ------------------------------------------------------------ ---
> Ergane, 'n veeltalige woordeboekprogram vir Windows (vanaf
> versie 3.1).
>
> Die meest uitgebreide en geavanseerde taalprogram wat gratis
> verkrygbaar is (woordelyste vir meer as 50 tale beskikbaar).
>
> http://travlang.com/Ergane/
> ------------------------------------------------------------ ---
Re: Die verlede tyd van die lydende vorm in die Afrikaans [boodskap #12502 is 'n antwoord op boodskap #12501] Vr, 06 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gerard van Wilgen[2]  is tans af-lyn  Gerard van Wilgen[2]
Boodskappe: 18
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Junior Lid
wrote:

> gvwi...@worldonline.nl (Gerard van Wilgen) writes: > Ek het 'n vraag betreffende die lydende vorm in die Afrikaans;
>> naamlik, hoe word die verlede tyd van 'n sin in die lydende vorm
>> gemaak?
>>
>> Byvoorbeeld die sin: "Die verhaal word vertel"
>>
>> Het die werkwoord "word" in die Afrikaans 'n vorm vir die verlede tyd
>> soos in die Nederlands, of moet 'n mens die werkwoord "he^" gebruik
>> (Die verhaal het vertel geword)? Of is daar miskien nog 'n ander
>> manier?
>>
>> Gerard van Wilgen

>
> Ek dink "Die verhaal is vertel" is een
> moontlikheid, Dit hang af van die betekenis
> van die konstruksie watter woorde jy gebruik:
> die verhaal was vertel (duratief)
> die verhaal is vertel (perfektief)

> die verhaal sal vertel word
> die verhaal sou vertel word

Dit gaan feitlik om 'n sin uit "The Silmarillion" van Tolkien. Ek is
besig 'n stukkie van hierdie boek by wyse van oefening in Afrikaans te
vertaal. Die oorspronklike Engelse sin lui:

"In The Lord of the Rings were narrated the great events at the end of
the Third Age ..."

> Ek sou graag wou weet hoe al hierdie dinge
> is Nederlands afspeel. "Word" in Afrikaans
> word "geword" in die verlede tyd. "Hy word
> groot/Hy het groot geword."

My eie Nederlandse vertaling lui:

"In De Heer der Ringen werden de grote gebeurtenissen aan het einde
van het Derde Tijdperk verhaald ..."

"werden" is in Nederlands die vorm vir die verlede tyd van "worden".

My eerste Afrikaanse vertaling was:

"In Die Heer van die Ringe het die grote gebeurtenisse aan die einde
van die Derde Tydperk verhaal geword ..."

Vir my klink hierdie sin nie heeltemal as goed Afrikaans nie. Maar
miskien vergis ek my?

Of sou dit beter wees?

"In Die Heer van die Ringe is die grote gebeurtenisse aan die einde
van die Derde Tydperk verhaal ..."

Gerard van Wilgen

------------------------------------------------------------ ---
Ergane, 'n veeltalige woordeboekprogram vir Windows (vanaf
versie 3.1).

Die meest uitgebreide en geavanseerde taalprogram wat gratis
verkrygbaar is (woordelyste vir meer as 50 tale beskikbaar).

http://travlang.com/Ergane/
------------------------------------------------------------ ---
Re: Die verlede tyd van die lydende vorm in die Afrikaans [boodskap #12503 is 'n antwoord op boodskap #12501] Vr, 06 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
dega  is tans af-lyn  dega
Boodskappe: 23
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Reg so Hilda, heel eenvoudig in afrikaans : ou man , ou huis, ou alles .
Berhalwe die spreekwoord wat sê : "uit die oude doos " ...... beteken iets
is outyds, waarskynlik afkomstig uit die Nederlands
Re: Die verlede tyd van die lydende vorm in die Afrikaans [boodskap #12504 is 'n antwoord op boodskap #12501] Vr, 06 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Hallo,
In Nederlands is dit :
Hij wordt groot. Hij is groot geworden.
Kan ek dalk vra wanneer die eenlettergrepige byvoeglike naamwoorde, wat
attributief gebruik word, 'n "e" kry en wanneer nie : bv. in Nederlands :
een oude man, een oud huis (onsydig) - de oude man, het oude huis.
Ek sou in Afrikaans elke keer "ou" gebruik. Is dit reg ? Dankie.
Vriendelike groete,
Hilda.
gervaas...@ping.be
Re: Die verlede tyd van die lydende vorm in die Afrikaans [boodskap #12505 is 'n antwoord op boodskap #12501] Vr, 06 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ro...  is tans af-lyn  ro...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Volle Lid
In , gvwi...@worldonline.nl (Gerard van Wilgen) writes:
> Ek het 'n vraag betreffende die lydende vorm in die Afrikaans;
> naamlik, hoe word die verlede tyd van 'n sin in die lydende vorm
> gemaak?
>
> Byvoorbeeld die sin: "Die verhaal word vertel"
>
> Het die werkwoord "word" in die Afrikaans 'n vorm vir die verlede tyd
> soos in die Nederlands, of moet 'n mens die werkwoord "he^" gebruik
> (Die verhaal het vertel geword)? Of is daar miskien nog 'n ander
> manier?
>
> Gerard van Wilgen
>
Die verlede tyd van die sin: "Die verhaal word vertel"
is: "Die verhaal is vertel"

Hoop dit help

Stef
Re: Die verlede tyd van die lydende vorm in die Afrikaans [boodskap #12506 is 'n antwoord op boodskap #12501] Vr, 06 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
gvwi...@worldonline.nl (Gerard van Wilgen) writes: > Ek het 'n vraag betreffende die lydende vorm in die Afrikaans;
> naamlik, hoe word die verlede tyd van 'n sin in die lydende vorm
> gemaak?
>
> Byvoorbeeld die sin: "Die verhaal word vertel"
>
> Het die werkwoord "word" in die Afrikaans 'n vorm vir die verlede tyd
> soos in die Nederlands, of moet 'n mens die werkwoord "he^" gebruik
> (Die verhaal het vertel geword)? Of is daar miskien nog 'n ander
> manier?
>
> Gerard van Wilgen


Ek dink "Die verhaal is vertel" is een
moontlikheid, Dit hang af van die betekenis
van die konstruksie watter woorde jy gebruik:
die verhaal was vertel (duratief)
die verhaal is vertel (perfektief)

die verhaal sal vertel word
die verhaal sou vertel word

Ek sou graag wou weet hoe al hierdie dinge
is Nederlands afspeel. "Word" in Afrikaans
word "geword" in die verlede tyd. "Hy word
groot/Hy het groot geword."

Gloudina Bouwer
Re: Die verlede tyd van die lydende vorm in die Afrikaans [boodskap #12523 is 'n antwoord op boodskap #12501] Sa, 07 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
In die Heer van die Ringe is die groot gebeure verhaal wat hulle teen die
einde van die Derde Tydperk afgespeel het.

| "In The Lord of the Rings were narrated the great events at the end of
| the Third Age ..."
|

My weergawe ... hoop dit help
Re: Die verlede tyd van die lydende vorm in die Afrikaans [boodskap #12537 is 'n antwoord op boodskap #12501] So, 08 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Hij werd geslagen = Hy is geslaan.

Hilda.
Re: Die verlede tyd van die lydende vorm in die Afrikaans [boodskap #12538 is 'n antwoord op boodskap #12501] So, 08 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Hallo,

Derde antwoord :-) (ek het jou brief in stukkies gelees).

"Men bouwt hier een nieuw stantion" = "Daar word hier 'n nuwe stasie gebou."

Is dit nie snaaks dat twee Nederlandstaliges nou in Afrikaans
korrespondeer nie ?
Ek GENIET dit.

Ja, in België is daar ook 'n verskil tussen : een oude man en een oud man.

Vriendelike groete.
Re: Die verlede tyd van die lydende vorm in die Afrikaans [boodskap #12539 is 'n antwoord op boodskap #12501] So, 08 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gerard van Wilgen[2]  is tans af-lyn  Gerard van Wilgen[2]
Boodskappe: 18
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Junior Lid
"Hellin Gervaas" wrote:

> Hallo,
> In Nederlands is dit :
> Hij wordt groot. Hij is groot geworden.

Nee Hellin, jy verwar nou die twee verskillende funksies van "worden".
In "Hij wordt groot" geef die werkwoord aan dat "hij" van die ene
toestand (klein) na die ander toestand (groot) gaan.

Maar in die sin wat vir my 'n probleem is, dien "worden" om die
lydende vorm te maak. 'n Beter voorbeeldsin sou wees:

Hij wordt geslagen = Iemand slaat hem
Hij werd geslagen = Iemand sloeg hem

In Afrikaans sou dit volgens my word:

Hy word geslaan = Iemand slaan hom
(?) = Iemand het hom geslaan

Ek het nog 'n ander vraag oor die lydende vorm. In alle tale word die
lydende vorm dikwels vermy. In Nederlands word in die skryftaal
dikwels die onpersoonlike voornaamwoord "men" gebruik.

"Men weet niet wat er kan gebeuren."

En in die spreektaal word ook wel die enklitiese vorm van die
persoonlike voornaamwoord "jij" gebruik (in Suid-Nederland en
Vlaandere miskien die enklietise vorm van "gij").

"Je/Ge weet niet wat er kan gebeuren."

Hoe word dit in Afrikaans gedoen? Die bostaande voorbeelde kan vertaal
word met "'n mens weet nie wat gebeur kan nie" maar in 'n sin soos
"men bouwt hier een nieuw station" kan "men" nie met "'n mens" vertaal
word nie omdat die niewe stasie waarskynlik deur meer mense gebou
word.

> Kan ek dalk vra wanneer die eenlettergrepige byvoeglike naamwoorde, wat
> attributief gebruik word, 'n "e" kry en wanneer nie : bv. in Nederlands :
> een oude man, een oud huis (onsydig) - de oude man, het oude huis.
> Ek sou in Afrikaans elke keer "ou" gebruik. Is dit reg ? Dankie.

Ek het my dit ook afgevra. My Afrikaanse leerboek is hieroor nogal
onduidelik. Ten slotte het ek tot die konklusie gekom dat die "-e"
gebruik moet word as agter die Afrikaanse woord in die
Engels-Afrikaanse woordeboek (-e) staan :-)

Owerigens is die gebruik van die adjektiefverbuiging in die
Nederlandse taal nie altyd eenvoudig te bepaal uit die woordgeslag. Ek
weet nie seker of dit in Belgie ook so is, maar in Nederland bestaan
'n subtiel verskil in betekenis tussen "een oude man" en "een oud
man". 'n Ander voorbeeld is die verskil tussen "een grote man" ('n man
van groot afmetinge) en "een groot man" ('n man van groot dade).

Gerard van Wilgen

------------------------------------------------------------ ---
Ergane,'n gratis veeltalige woordeboekprogram vir Windows.

Woordelyste vir meer as 50 tale beskikbaar.
------------------------------------------------------------ ---
http://travlang.com/Ergane/
Re: Die verlede tyd van die lydende vorm in die Afrikaans [boodskap #12540 is 'n antwoord op boodskap #12501] So, 08 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek dink die oplossing lê deels daarin dat jy Afrikaans so eenvoudig
moontlik hou - geen of baie min verbuigings/vervoegings, drie tye: verlede,
hede en toekoms. Die lydende vorm word eerder omgesit in in die aktiewe
vorm.

So:
Gerard van Wilgen wrote in article
...
> "Hellin Gervaas" wrote:

> Hij wordt geslagen = Iemand slaat hem
> Hij werd geslagen = Iemand sloeg hem
>
> In Afrikaans sou dit volgens my word:
>
> Hy word geslaan = Iemand slaan hom Reg.
> (?) = Iemand het hom geslaan
Hy was geslaan = iemand het hom geslaan.

> Ek het nog 'n ander vraag oor die lydende vorm. In alle tale word die
> lydende vorm dikwels vermy. In Nederlands word in die skryftaal
> dikwels die onpersoonlike voornaamwoord "men" gebruik.
>
> "Men weet niet wat er kan gebeuren."
>
> En in die spreektaal word ook wel die enklitiese vorm van die
> persoonlike voornaamwoord "jij" gebruik (in Suid-Nederland en
> Vlaandere miskien die enklietise vorm van "gij").
>
> "Je/Ge weet niet wat er kan gebeuren."
>
> Hoe word dit in Afrikaans gedoen? Die bostaande voorbeelde kan vertaal
> word met "'n mens weet nie wat gebeur kan nie" maar in 'n sin soos
> "men bouwt hier een nieuw station" kan "men" nie met "'n mens" vertaal
> word nie omdat die niewe stasie waarskynlik deur meer mense gebou
> word.

Albei bg. vorme bestaan. Te wete:
'n Mens weet nie wat kan gebeur nie. OF Jy/Julle weet nie wat kan gebeur
nie. Die "'n" by "'n Mens" beteken nie "een" nie maar is eerder 'n
verwysing na enigiemand in die algemeen.

"men bouwt hier een nieuw station" moet wees: Hulle bou 'n nuwe stasie
hier.

>
>> Kan ek dalk vra wanneer die eenlettergrepige byvoeglike naamwoorde, wat
>> attributief gebruik word, 'n "e" kry en wanneer nie : bv. in Nederlands :
>> een oude man, een oud huis (onsydig) - de oude man, het oude huis.
>> Ek sou in Afrikaans elke keer "ou" gebruik. Is dit reg ? Dankie.

Reg - sien die opmerking oor eenvoudigheid hierbo. Die ekstra "e" word
somtyds vir beklemtoning of as 'n poëtiese skryfstyl gebruik (Ek is nie 'n
taalkenner nie, ek praat hom net, so ek ken nie die name van die goed nie)
byv. "Dit is 'n oue huis" beteken nie net dat die huis fisies baie oud is
nie, maar het ook die konnotasie dat dit ryk is aan ervarings, ens.


--
Dries Venter
Pretoria
Re: Die verlede tyd van die lydende vorm in die Afrikaans [boodskap #12541 is 'n antwoord op boodskap #12501] So, 08 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Hallo,

Ek het net Gloudina se sinne : "Hy word groot" (Hij wordt groot) en "Hy het
groot geword" (Hij is groot geworden) na Nederlands vertaal.
Groete.

Hilda.
Re: Die verlede tyd van die lydende vorm in die Afrikaans [boodskap #12559 is 'n antwoord op boodskap #12501] Ma, 09 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
J H Rykheer  is tans af-lyn  J H Rykheer
Boodskappe: 34
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Volle Lid
Gerard van Wilgen skryf:
> Ek het 'n vraag betreffende die lydende vorm in die Afrikaans;
> naamlik, hoe word die verlede tyd van 'n sin in die lydende vorm
> gemaak?>
> Byvoorbeeld die sin: "Die verhaal word vertel"
>

Jy sê net: "Die verhaal is vertel"

Johanna Rykheer
Re: Die verlede tyd van die lydende vorm in die Afrikaans [boodskap #12560 is 'n antwoord op boodskap #12501] Ma, 09 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Nico wrote:
>
> In die Heer van die Ringe is die groot gebeure verhaal wat hulle teen die
> einde van die Derde Tydperk afgespeel het.
>
> | "In The Lord of the Rings were narrated the great events at the end of
> | the Third Age ..."
> |
>
> My weergawe ... hoop dit help

My probeerslag.

'In die Heer van die Ringe, word die verhaal van die groot gebeurtenisse
wat hul aan die einde van die Derde Tydperk afgespeel het, as volg
vertel ...'

Die woord 'verhaal' word nie so gereeld meer in afrikaans as werkwoord
gebruik nie. Dit sal eerder dui op 'n storie, of vertelling as
selfstandige naamwoord.
Re: Die verlede tyd van die lydende vorm in die Afrikaans [boodskap #12561 is 'n antwoord op boodskap #12501] Ma, 09 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
J H Rykheer  is tans af-lyn  J H Rykheer
Boodskappe: 34
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Volle Lid
Gerard, jy sê net: "Die verhaal is vertel." Dit is die verlede
tyd van die lydende vorm "Die verhaal word vertel."

Johanna Rykheer
ryk...@tn.co.za

Gerard van Wilgen wrote in article
...
> Ek het 'n vraag betreffende die lydende vorm in die Afrikaans;
> naamlik, hoe word die verlede tyd van 'n sin in die lydende vorm
> gemaak?
>
> Byvoorbeeld die sin: "Die verhaal word vertel"
>
> Het die werkwoord "word" in die Afrikaans 'n vorm vir die verlede tyd
> soos in die Nederlands, of moet 'n mens die werkwoord "he^" gebruik
> (Die verhaal het vertel geword)? Of is daar miskien nog 'n ander
> manier?
>
> Gerard van Wilgen
>
>
>
>
> ------------------------------------------------------------ ---
> Ergane, 'n veeltalige woordeboekprogram vir Windows (vanaf
> versie 3.1).
>
> Die meest uitgebreide en geavanseerde taalprogram wat gratis
> verkrygbaar is (woordelyste vir meer as 50 tale beskikbaar).
>
> http://travlang.com/Ergane/
> ------------------------------------------------------------ ---
>
Re: Die verlede tyd van die lydende vorm in die Afrikaans [boodskap #12562 is 'n antwoord op boodskap #12501] Ma, 09 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gerard van Wilgen[2]  is tans af-lyn  Gerard van Wilgen[2]
Boodskappe: 18
Geregistreer: Oktober 1996
Karma: 0
Junior Lid
Lou wrote:

> Nico wrote:
>>
>> In die Heer van die Ringe is die groot gebeure verhaal wat hulle teen die
>> einde van die Derde Tydperk afgespeel het.
>>
>> | "In The Lord of the Rings were narrated the great events at the end of
>> | the Third Age ..."
>> |
>>
>> My weergawe ... hoop dit help

> My probeerslag.

> 'In die Heer van die Ringe, word die verhaal van die groot gebeurtenisse
> wat hul aan die einde van die Derde Tydperk afgespeel het, as volg
> vertel ...'

> Die woord 'verhaal' word nie so gereeld meer in afrikaans as werkwoord
> gebruik nie. Dit sal eerder dui op 'n storie, of vertelling as
> selfstandige naamwoord.

Dat het ek al vermoed. In Nederlands is "verhalen" ook 'n enigsins
deftige of digterlike woord vir "vertellen", maar andersyds is die
Engelse "narrate" ook nie so 'n alledaagse woord nie, en by vertaling
moet 'n mens tog probeer om ook die sfeer van die verhaal oor te
bring.

Gerard van Wilgen

------------------------------------------------------------ ---
Ergane,'n gratis veeltalige woordeboekprogram vir Windows.

Woordelyste vir meer as 50 tale beskikbaar.
------------------------------------------------------------ ---
http://travlang.com/Ergane/
Re: Die verlede tyd van die lydende vorm in die Afrikaans [boodskap #12563 is 'n antwoord op boodskap #12501] Ma, 09 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
J H Rykheer  is tans af-lyn  J H Rykheer
Boodskappe: 34
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Volle Lid
Hellin Gervaas wrote in article
...
> Hallo,
> In Nederlands is dit :
> Hij wordt groot. Hij is groot geworden.
> Kan ek dalk vra wanneer die eenlettergrepige byvoeglike naamwoorde, wat
> attributief gebruik word, 'n "e" kry en wanneer nie : bv. in Nederlands :
> een oude man, een oud huis (onsydig) - de oude man, het oude huis.
> Ek sou in Afrikaans elke keer "ou" gebruik. Is dit reg ? Dankie.
> Vriendelike groete,
> Hilda.
> gervaas...@ping.be
>

Ja, "'n ou man", "'n ou huis" is korrek.

Ook vriendelike groete
Johanna
ryk...@tn.co.za
Re: Die verlede tyd van die lydende vorm in die Afrikaans [boodskap #12575 is 'n antwoord op boodskap #12501] Di, 10 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
f...  is tans af-lyn  f...
Boodskappe: 18
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article Lou writes:
> Date: Mon, 09 Feb 1998 21:39:37 +0200
> From: Lou
> Subject: Re: Die verlede tyd van die lydende vorm in die Afrikaans

> Nico wrote:
>>
>> In die Heer van die Ringe is die groot gebeure verhaal wat hulle teen die
>> einde van die Derde Tydperk afgespeel het.
>>
>> | "In The Lord of the Rings were narrated the great events at the end of
>> | the Third Age ..."
>> |
>>
>> My weergawe ... hoop dit help

> My probeerslag.

> 'In die Heer van die Ringe, word die verhaal van die groot gebeurtenisse
> wat hul aan die einde van die Derde Tydperk afgespeel het, as volg
> vertel ...'

> Die woord 'verhaal' word nie so gereeld meer in afrikaans as werkwoord
> gebruik nie. Dit sal eerder dui op 'n storie, of vertelling as
> selfstandige naamwoord.

Dis regtig nie nodig om so omslagtig by die werkwoord "verhaal" te probeer
verbykom nie.
"In die Heer van die Ringe word vertel van die groot gebeure wat hulle teen
die einde van die Derde Tydperk afgespeel het"
Afrikaans is mos lekker soepel.
Terloops, "as follows" word vertaal met "soos volg", nie "as volg" nie.

Christo
Re: Die verlede tyd van die lydende vorm in die Afrikaans [boodskap #12576 is 'n antwoord op boodskap #12501] Di, 10 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
f...@ccnet.up.ac.za wrote:
>
> In article Lou writes:
>> Date: Mon, 09 Feb 1998 21:39:37 +0200
>> From: Lou
>> Subject: Re: Die verlede tyd van die lydende vorm in die Afrikaans
>
>> Nico wrote:
>>>
>>> In die Heer van die Ringe is die groot gebeure verhaal wat hulle teen die
>>> einde van die Derde Tydperk afgespeel het.
>>>
>>> | "In The Lord of the Rings were narrated the great events at the end of
>>> | the Third Age ..."
>>> |
>>>
>>> My weergawe ... hoop dit help
>
>> My probeerslag.
>
>> 'In die Heer van die Ringe, word die verhaal van die groot gebeurtenisse
>> wat hul aan die einde van die Derde Tydperk afgespeel het, as volg
>> vertel ...'
>
>> Die woord 'verhaal' word nie so gereeld meer in afrikaans as werkwoord
>> gebruik nie. Dit sal eerder dui op 'n storie, of vertelling as
>> selfstandige naamwoord.
>
> Dis regtig nie nodig om so omslagtig by die werkwoord "verhaal" te probeer
> verbykom nie.

Bloot die sin gebruik om die plek van verhaal en vertel in konteks te
stel.

> "In die Heer van die Ringe word vertel van die groot gebeure wat hulle teen
> die einde van die Derde Tydperk afgespeel het"
> Afrikaans is mos lekker soepel.
> Terloops, "as follows" word vertaal met "soos volg", nie "as volg" nie.
>
> Christo

Maar soos Gerhard tereg opmerk, Lord of the Rings is 'n redelike swaar
boek en die vertaller moet aanpas by die boek se trant.

Verwysend na jou terloops - Se^ wie? :) Of is dit 'n anglisisme.
Cheers
Lou
Re: Die verlede tyd van die lydende vorm in die Afrikaans [boodskap #12577 is 'n antwoord op boodskap #12501] Di, 10 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
f...  is tans af-lyn  f...
Boodskappe: 18
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article Lou writes:
>>
>> Dis regtig nie nodig om so omslagtig by die werkwoord "verhaal" te probeer
>> verbykom nie.

> Bloot die sin gebruik om die plek van verhaal en vertel in konteks te
> stel.
Ek raas nie, ek gesels maar net saam 8-:)
>> "In die Heer van die Ringe word vertel van die groot gebeure wat hulle teen
>> die einde van die Derde Tydperk afgespeel het"
>> Afrikaans is mos lekker soepel.
>> Terloops, "as follows" word vertaal met "soos volg", nie "as volg" nie.
>>
> Verwysend na jou terloops - Se^ wie? :) Of is dit 'n anglisisme.
Ek wil nie in 'n lang debat beland oor wat anglisisties is en wat nie is nie
maar "as volg" is 'n onnodige direkte vertaling uit Engels. Die taal-guru's
moet bietjie help maar as ek my Afrikaans III reg onthou, is dit wel 'n
anglisisme wanneer jy uit Engels vertaal ten spyte daarvan dat die korrekte
uitdrukking wel in Afrikaans bestaan.

Groete

Christo
Re: Die verlede tyd van die lydende vorm in die Afrikaans [boodskap #12644 is 'n antwoord op boodskap #12501] Sa, 14 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Dries Venter  is tans af-lyn  Dries Venter
Boodskappe: 299
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
My probeerslag:

"Heer van die Ringe" verhaal die gebeure aan die einde van die Derde Era.
Hierdie sin is weer een van daardie vorms waar die "eenvoudiger is beter"
beginsel in Afrikaans gebruik kan word, m.a.w. moenie dit in die lydende
vorm hou omdat die oorspronklike Engelse sin so lyk nie, maak die boek die
(aktiewe) onderwerp.

Ek dink die "Heer" kan dalk in Afrikaans beter vertaal word met "Meester".
Ook lyk die woord "verhaal" 'n bietjie snaaks, dalk eerder "vertel".

Dries Venter,
Pretoria.

Lou wrote in article ...
> Nico wrote:
>> In die Heer van die Ringe is die groot gebeure verhaal wat hulle teen die
>> einde van die Derde Tydperk afgespeel het.
>> | "In The Lord of the Rings were narrated the great events at the end of
>> | the Third Age ..."
>> |
> 'In die Heer van die Ringe, word die verhaal van die groot gebeurtenisse
> wat hul aan die einde van die Derde Tydperk afgespeel het, as volg
> vertel ...'
>
> Die woord 'verhaal' word nie so gereeld meer in afrikaans as werkwoord
> gebruik nie. Dit sal eerder dui op 'n storie, of vertelling as
> selfstandige naamwoord.
Re: Die verlede tyd van die lydende vorm in die Afrikaans [boodskap #12645 is 'n antwoord op boodskap #12501] Sa, 14 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Teunis van Ree  is tans af-lyn  Teunis van Ree
Boodskappe: 33
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Gerard van Wilgen (gvwi...@worldonline.nl) wrote:

: Hij wordt geslagen = Iemand slaat hem
: Hij werd geslagen = Iemand sloeg hem

: In Afrikaans sou dit volgens my word:

: Hy word geslaan = Iemand slaan hom
: (?) = Iemand het hom geslaan

Hy is geslaan = Iemand het hom geslaan

: Ek het nog 'n ander vraag oor die lydende vorm. In alle tale word die
: lydende vorm dikwels vermy. In Nederlands word in die skryftaal
: dikwels die onpersoonlike voornaamwoord "men" gebruik.

: "Men weet niet wat er kan gebeuren."

: En in die spreektaal word ook wel die enklitiese vorm van die
: persoonlike voornaamwoord "jij" gebruik (in Suid-Nederland en
: Vlaandere miskien die enklietise vorm van "gij").

: "Je/Ge weet niet wat er kan gebeuren."

: Hoe word dit in Afrikaans gedoen? Die bostaande voorbeelde kan vertaal
: word met "'n mens weet nie wat gebeur kan nie" maar in 'n sin soos

-- Ekskuus, maar dit moet wees: 'n mens weet nie wat kan gebeur nie --

: "men bouwt hier een nieuw station" kan "men" nie met "'n mens" vertaal
: word nie omdat die niewe stasie waarskynlik deur meer mense gebou
: word.

Hier se ons dan: Hier word 'n nuwe stasie gebou. Jy sou waarskynlik ook kon
se: Mense bou hier 'n nuwe stasie, maar dit beteken nie presies dieslfde
nie.

: >Kan ek dalk vra wanneer die eenlettergrepige byvoeglike naamwoorde, wat
: >attributief gebruik word, 'n "e" kry en wanneer nie : bv. in Nederlands :
: >een oude man, een oud huis (onsydig) - de oude man, het oude huis.
: >Ek sou in Afrikaans elke keer "ou" gebruik. Is dit reg ? Dankie.

: Ek het my dit ook afgevra. My Afrikaanse leerboek is hieroor nogal
: onduidelik. Ten slotte het ek tot die konklusie gekom dat die "-e"
: gebruik moet word as agter die Afrikaanse woord in die
: Engels-Afrikaanse woordeboek (-e) staan :-)

Ja, hier sal die taalboffins seker kan raad gee. Dit is ou man, ou huis,
maar koue water en goue ring...en 'n ouerige dame of huis!

: 'n subtiel verskil in betekenis tussen "een oude man" en "een oud
: man". 'n Ander voorbeeld is die verskil tussen "een grote man" ('n man
: van groot afmetinge) en "een groot man" ('n man van groot dade).

Altwee is hier 'n groot man. Maar dan is daar ook 'grootman', gewoonlik as
ons 'n kind aanspreek!

Groetnis
http://www.nis.za/~vanreet/index.html
Re: Die verlede tyd van die lydende vorm in die Afrikaans [boodskap #12646 is 'n antwoord op boodskap #12501] Sa, 14 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Teunis van Ree  is tans af-lyn  Teunis van Ree
Boodskappe: 33
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Dries Venter (ven...@ilink.nis.za) wrote:
: Ek dink die oplossing lê deels daarin dat jy Afrikaans so eenvoudig
: moontlik hou - geen of baie min verbuigings/vervoegings, drie tye: verlede,
: hede en toekoms. Die lydende vorm word eerder omgesit in in die aktiewe
: vorm.

Dit hang af. Wetenskaplike skryfstyl maak baie van die lydende vorm
gebruik, oftewel: In die wetenskaplike skryfstyl word die lydende vorm baie
gebruik...

: So:
: Gerard van Wilgen wrote in article
: ...
: > "Hellin Gervaas" wrote:
:
: > Hij wordt geslagen = Iemand slaat hem
: > Hij werd geslagen = Iemand sloeg hem
: >
: > In Afrikaans sou dit volgens my word:
: >
: > Hy word geslaan = Iemand slaan hom
: Reg.
: > (?) = Iemand het hom geslaan
: Hy was geslaan = iemand het hom geslaan.

Altyd die eenvoudigste, reg? Dus nie twee verlede tydsvorme na mekaar nie,
maar:

Hy IS geslaan = iemand het hom geslaan

: Albei bg. vorme bestaan. Te wete:
: 'n Mens weet nie wat kan gebeur nie. OF Jy/Julle weet nie wat kan gebeur
: nie. Die "'n" by "'n Mens" beteken nie "een" nie maar is eerder 'n
: verwysing na enigiemand in die algemeen.

Die "'n" word steeds meer weggelaat, dus: "Mens weet nie ..."

: "men bouwt hier een nieuw station" moet wees: Hulle bou 'n nuwe stasie
: hier.

Ek sou eerder se dit KAN ook so wees (sien my ander bydraes).

Groete
T
Re: Die verlede tyd van die lydende vorm in die Afrikaans [boodskap #12647 is 'n antwoord op boodskap #12501] Sa, 14 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Teunis van Ree  is tans af-lyn  Teunis van Ree
Boodskappe: 33
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Hellin Gervaas (gervaas...@ping.be) wrote:
: Hallo,

: Derde antwoord :-) (ek het jou brief in stukkies gelees).

: "Men bouwt hier een nieuw stantion" = "Daar word hier 'n nuwe stasie gebou."

Die 'Daar' is nie nodig nie, dus: 'Hier word 'n nuwe stasie gebou'
Re: Die verlede tyd van die lydende vorm in die Afrikaans [boodskap #12648 is 'n antwoord op boodskap #12501] Sa, 14 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Teunis van Ree  is tans af-lyn  Teunis van Ree
Boodskappe: 33
Geregistreer: Junie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Gerard van Wilgen (gvwi...@worldonline.nl) het geskryf:
: Ek het 'n vraag betreffende die lydende vorm in die Afrikaans;
: naamlik, hoe word die verlede tyd van 'n sin in die lydende vorm
: gemaak?

: Byvoorbeeld die sin: "Die verhaal word vertel"

Die verhaal is vertel.

: (Die verhaal het vertel geword)?

Asseblieftog nie!

: ------------------------------------------------------------ ---
: Ergane, 'n veeltalige woordeboekprogram vir Windows (vanaf
: versie 3.1).

Kan mens die versie sing?
Of bedoel jy 'n vroulike kalf?
Maar waarom dan 3.1 kalf? Ek wonder...

: Die meest uitgebreide en geavanseerde taalprogram wat gratis
: verkrygbaar is (woordelyste vir meer as 50 tale beskikbaar).

As die VERSIE en GEAVANSEERDE produkte van jou taalprogram is, sou ek
voorstel dat jy dit maar liewer weggooi!

http://www.nis.za/~vanreet/index.html
Re: Die verlede tyd van die lydende vorm in die Afrikaans [boodskap #12715 is 'n antwoord op boodskap #12501] Do, 19 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
>> Verwysend na jou terloops - Se^ wie? :) Of is dit 'n anglisisme.
> Ek wil nie in 'n lang debat beland oor wat anglisisties is en wat nie is nie
> maar "as volg" is 'n onnodige direkte vertaling uit Engels. Die taal-guru's
> moet bietjie help maar as ek my Afrikaans III reg onthou, is dit wel 'n
> anglisisme wanneer jy uit Engels vertaal ten spyte daarvan dat die korrekte
> uitdrukking wel in Afrikaans bestaan.

Christo, moenie worrie nie. Die woord "anglisisme" verskyn slegs nog in die
woordeboek omdat die woord bestaan. Maar volgends die nuwe spelreels het
dit geen bestaansreg meer nie. Gebruik gerus jou Afrikaans III lesings om
jou volgende braaivleis vuur mee aan te steek. In die ou dae sou menige
stoere Afrikaner en taal liefhebber erg ontsteld gewees het as hulle my
eerste sin sou lees.

Maar hoe sê jy: 'moenie worrie nie' in "suiwer" Afrikaans sodat dit
dieslefde betekenis het? (moet netnie worry skryf nie, dis Ingels.)Der
duisende Afrikaners gebruik dit daagliks en die akademici kan dit wegwens
soos hulle wil, dit sal nie help nie. SO, if you can't beat them, join
them! En dis presies wat hulle gedoen het.

Ek het voorheen al breedvoerig geskryf oor die nuwe spelreels en wil myself
nie tot vervelens toe herhaal nie. Maar as daar belangstelling is kan ek 'n
opsomming daarvan pos.

Groetnis , Alwyn Nel
Re: Die verlede tyd van die lydende vorm in die Afrikaans [boodskap #12740 is 'n antwoord op boodskap #12501] Vr, 20 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
f...  is tans af-lyn  f...
Boodskappe: 18
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article "Alwyn Nel" writes:

> Christo, moenie worrie nie. Die woord "anglisisme" verskyn slegs nog in die
> woordeboek omdat die woord bestaan. Maar volgends die nuwe spelreels het
> dit geen bestaansreg meer nie. Gebruik gerus jou Afrikaans III lesings om
> jou volgende braaivleis vuur mee aan te steek. In die ou dae sou menige
> stoere Afrikaner en taal liefhebber erg ontsteld gewees het as hulle my
> eerste sin sou lees.

> Ek het voorheen al breedvoerig geskryf oor die nuwe spelreels en wil myself
> nie tot vervelens toe herhaal nie. Maar as daar belangstelling is kan ek 'n
> opsomming daarvan pos.

Alwyn
Plaas bietjie vir ons daardie reels.
Ek is een van diegene wat baie bly daaroor sal wees as Afrikaans uit sy streng
Akademie vir Kuns en Kultuur bande sal losbreek. Selfs in my studentedae was
dit al vir my duidelik dat nie-akademiese mense, soos die bruinmense van die
Kaap, 'n lekkerder en losser Afrikaans praat.
Daarom was dit vir my ook so 'n teleurstelling toe die Namakwalanders (of dan
sommige van hulle) so 'n bohaai opgeskop het oor die manier van praat van die
karakters in die TV-storie Manakwalanders. Afrikaans is dan juis so mooi as
iemand 'n interessante aksent of woordgebruik het.

Groete
Christo
Re: Die verlede tyd van die lydende vorm in die Afrikaans [boodskap #12741 is 'n antwoord op boodskap #12501] Vr, 20 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Alwyn Nel" writes:
>

> Ek het voorheen al breedvoerig geskryf oor die nuwe spelreels en wil myself
> nie tot vervelens toe herhaal nie. Maar as daar belangstelling is kan ek 'n
> opsomming daarvan pos.

> Groetnis , Alwyn Nel

Pos gerus die nuwe spelreëls.
Gloudina
Vorige onderwerp: Idioom: 'n Appeltjie met iemand skil.
Volgende onderwerp: IDIOOM: Landmyn
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 15:06:55 MGT 2024