Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » boesem
boesem [boodskap #127390] Do, 08 Augustus 2019 06:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
boesem
Afbreking: boe•sem


Selfstandige naamwoord: boesem
Meervoud: boesems
Verkleinwoord: boesempie
Meervoud van verkleining: boesempies

Betekenis:
• (anatomie) Borsdeel van 'n mens, in besonder die borste van 'n vrou.
• (figuurlik) Binneste; gemoed; na aan die hart.

Gebruik:
• Die meisie vra 'n strik voor op haar boesem.
• Die nuwe leier boesem vertroue in.

Spreekwoord:
• 'n Slang aan jou boesem koester. [n Skurk met weldade oorlaai.]
• Steek jou hand in eie boesem. [Jou gewete ondersoek en skuld erken.]

Sinoniem:
• bors

Afgelei:
• boesemvriend

Verwant:
• buste

Vertaling:
Engels: breast, chest, bosom
Nederlands: boezem

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: siek
Volgende onderwerp: sarkofaag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:48:36 MGT 2024