Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » teuels
teuels [boodskap #127388] Wo, 07 Augustus 2019 20:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19505
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die teuels van 'n ryperd.
Die teuels van 'n ryperd.
teuels
Afbreking: teu•els


Selfstandige naamwoord: teuel
Meervoud: teuels
Verkleinwoord: teueltjie
Meervoud van verkleining: teueltjies

Betekenis:
• Meervoud van teuel; meer as een teuel. Rieme of koorde van 'n toom waarmee 'n las- of rydier bestuur word; beheer en kontrole.

Gebruik:
• Onbehoorlike teuels kan diep snye in die diere se mondhoeke veroorsaak.
• Ons baas is besig om die teuels in te trek.

Spreekwoord:
• Vrye teuels gee. [Laat maak soos hy/sy wil.]

Vertaling:
Engels: reins, bridles; restraints
Nederlands: teugels

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: teuel
Volgende onderwerp: siek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 09:38:49 MGT 2024