Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » spalk
spalk [boodskap #127375] Di, 06 Augustus 2019 18:32
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Gespalkte been.
'n Gespalkte been.
spalk
Afbreking: spalk


Selfstandige naamwoord: spalk
Meervoud: spalke
Verkleinwoord: spalkie
Meervoud van verkleining: spalkies

Betekenis:
• (medies) 'n Plank of iets dergeliks wat 'n gewrig of been ondersteun en onbeweeglik hou sodat dit kan genees.
• Voorwerp om iets oop en uitmekaar te trek.

Gebruik:
• Ons sal 'n spalk om jou gebreekte arm moet sit.
• Die vel word in die spalk geplaas om dit gelyk te trek.

Afgelei:
• beenspalk
• armspalk
• vingerspalk

Vertaling:
Engels: splint; set
Nederlands: spalk


Werkwoord: spalk
Verlede tyd: het gespalk

Betekenis:
• Met 'n spalk verbind.
• Span; ooprek; styf ooptrek.

Gebruik:
• Die verpleegster spalk die pasiënt se gebreekte been.
• Die looier spalk die vel om dit gelyk te trek.

Vertaling:
Engels: to splint; to stretch
Nederlands: spalken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kierie
Volgende onderwerp: swaaiverhoog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 09:02:30 MGT 2024