Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kierie
kierie [boodskap #127374] Di, 06 Augustus 2019 14:56
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kierie.
'n Kierie.
kierie
Afbreking: kie•rie
Uitspraak: /ki.ri/


Selfstandige naamwoord: kierie
Meervoud: kieries
Verkleinwoord: kierietjie
Meervoud van verkleining: kierietjies

Betekenis:
• 'n Wandel- of stapstok; staaf met 'n knop of handvatsel wat vir loop of as wapen gebruik kan word.

Gebruik:
• Sy kom die ongeskikte man sommer met haar kierie by.
• Oidipus antwoord: "’n Mens; as kind kruip hy, as volwassene loop hy op sy twee bene en as hy oud is, gebruik hy ’n kierie."

Spreekwoord:
• 'n Bobbejaan het daar 'n kierie nodig. [n Onbegaanbare pad.]

Sinoniem:
• staf
• wanldelstok
• stapstok

Hiponiem:
• gooikierie
• haakkierie
• knopkierie
• ratkierie
• rottangkierie
• sitkierie

Afgelei:
• kieriebene
• kierieboud
• kieriegeveg
• kieriehou
• kieriehout
• kierieklapper
• kieriekop
• kierieslang

Vertaling:
Engels: (knob-)stick, walking stick
Nederlands: wandelstok
Xhosa: -gqola 3

Nota:
• Die woord is van Nama in Afrikaans opgeneem.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: teleurstel
Volgende onderwerp: spalk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 09:03:37 MGT 2024