Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » teleurstel
teleurstel [boodskap #127373] Di, 06 Augustus 2019 07:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
teleurstel
Afbreking: te•leur•stel


Werkwoord: stel teleur, teleurstel
Verlede tyd: het teleurgestel
Teenwoordige deelwoord: teleurstellende

Betekenis:
• Nie aan verwagtinge voldoen of op niks uitloop nie; iemand op onaangename wyse verras, dikwels deur 'n belofte te breek.

Gebruik:
• Ek kon haar nie teleurstel nie.
• Jy hoef hom nie langer teleur te stel nie.
• Die maatskappy se resultate het beleggers teleurgestel.

Afgelei:
• teleurstelling
• teleurstellend
• teleurgesteld

Vertaling:
Engels: to disappoint, let down
Nederlands: teleurstellen

Nota:
• Die Middelnederlandse stamwoord is "leur" wat verlies beteken.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: berig
Volgende onderwerp: kierie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 09:14:21 MGT 2024