Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » berig
berig [boodskap #127372] Ma, 05 Augustus 2019 19:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
berig
Afbreking: be•rig


Selfstandige naamwoord: berig
Meervoud: berigte
Verkleinwoord: beriggie
Meervoud van verkleining: beriggies

Betekenis:
• 'n Mededeling oor 'n gebeurtenis; tyding, verslag of boodskap.

Gebruik:
• Hy lees 'n berig in die koerant.
• Sy ontvang 'n berig oor 'n sterfgeval in haar familie.

Sinoniem:
• bekendmaking

Hiponiem:
• doodsberig
• flitsberig
• geboorteberig
• handelsberig
• huweliksberig
• inlasberig
• koerantberig
• markberig
• mediaberig
• persberig
• radioberig
• nuusberig
• voorbladberig
• weerberig

Afgelei:
• beriggewer
• beriggewing
• berigskrywer

Vertaling:
Engels: message, report, article, notice, tiding
Nederlands: bericht


Werkwoord: berig
Verlede tyd: het berig
Teenwoordige deelwoord: berigtende

Betekenis:
• Van nuus voorsien; in kennis stel; laat weet; rapporteer; meedeel.

Gebruik:
• Die koerante berig almal oor dieselfde vervelige onderwerpe.

Vertaling:
Engels: to report, send word, notify
Nederlands: berichten

Nota:
• Moenie "berig" met "berug" (om slegte redes bekend wees) verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wakker
Volgende onderwerp: teleurstel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 09:23:01 MGT 2024