Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » sorg
sorg [boodskap #127368] Ma, 05 Augustus 2019 06:22
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19492
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
sorg
Afbreking: sorg


Selfstandige naamwoord: sorg
Meervoud: sorge
Verkleinwoord:

Betekenis:
• 'n Probleem waaroor mens bekommerd is.
• Oppas en na omsien; aan 'n behoefte voorsien.

Gebruik:
• Sy dra die wêreld se sorge op haar skouers. Vanaand gaan ons al ons sorge wegdans!
• Hy is in sy ouma en oupa se sorg geplaas.

Spreekwoord:
• Hy is 'n sieltjie sonder sorg. [Hy is iemand sonder kommer.]
• Wie dan leef, wie dan sorg. [Moenie jou oor die toekoms bekommer nie.]

Sinoniem:
• bekommernis

Vertaling:
Engels: trouble, worry, concern; care
Nederlands: zorg


Werkwoord: sorg
Verlede tyd: het gesorg
Teenwoordige deelwoord: sorgende

Betekenis:
• Omsien na iets of iemand; oppas en daarna kyk.
• Maak seker dat iets beskikbaar is.

Gebruik:
• Sy sorg mooi vir haar katjie.
• Ek bring vleis, sal jy vir die slaai sorg? Hulle het gesorg dat daar nie 'n tekort aan spys en drank is nie.

Antoniem:
• verwaarloos

Vertaling:
Engels: to care
Nederlands: zorgen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: som
Volgende onderwerp: naweek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 09:47:21 MGT 2024