Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Barkley-Oos
Barkley-Oos [boodskap #127365] So, 04 Augustus 2019 20:33
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Barkley-Oos is 'n dorp in die Oos-Kaap sowat 116 km suidoos van Aliwal-Noord. Die dorp is 1874 op die plaas Rockey Park aangelê en genoem na sir Henry Barkly, goewerneur van die Kaap van 1870 tot 1877. Munisipale status is in 1881 verwerf. Tiffendell, Suid-Afrika se enigste ski-oord, lê naby die dorp. Die bergagtige wêreld is baie goed vir skape wat die dorp die sentrum van die belangrike wolproduserende distrik New England maak.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Bark
Volgende onderwerp: Barkley-Wes
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 06:56:04 MGT 2024