Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » skoonheid
skoonheid [boodskap #127358] So, 04 Augustus 2019 12:22
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
skoonheid
Afbreking: skoon•heid


Selfstandige naamwoord: skoonheid
Meervoud: skoonhede
Verkleinwoord: skoonheidjie
Meervoud van verkleining: skoonheidjies

Betekenis:
• Die hoedanigheid van pragtig en aantrekliker wees.
• 'n Persoon, in besonder 'n vrou, wat skoonheid besit.
• Die eienskap van skoon wees; sindelik en rein wees.

Gebruik:
• Die skoonheid van die natuur laat hom na sy asem snik.
• Sy is as die dorp se nuwe skoonheid aangewys.
• Die skoonheid van die publieke toilette laat veel te wense oor.

Spreekwoord:
• Skoonheid vergaan, maar deug bly staan. [Deug is meer blywend van aard as mooiheid.]

Sinoniem:
• mooiheid
• aantreklikheid
• beminlikheid
• bekoorlikheid
• innemendheid
• lieflikheid

Antoniem:
• lelikheid

Afgelei:
• skoonheidskoningin
• skoonheidswedstryd
• skoonheidsbehandeling
• skoonheidskundige
• skoonheidsroetine
• skoonheidsmiddel
• skoonheidsdrang

Vertaling:
Engels: beauty
Nederlands: schoonheid

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: boorgat
Volgende onderwerp: sousbone
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 09:07:46 MGT 2024