Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aanmekaar
aanmekaar [boodskap #127356] So, 04 Augustus 2019 10:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanmekaar
Afbreking: aan•me•kaar
Samestelling: aan + mekaar


Bywoord: aanmekaar

Betekenis:
• Die een vas aan die ander; sonder gapings teen mekaar; gebind of geheg.
• Aanhoudend; sonder ophou.

Gebruik:
• Hy plak die papiere aanmekaar.
• Sy praat aanmekaar.

Spreekwoord:
• Die seuns was aanmekaar. [Hulle het baklei.]
• Hy gesels land en sand aanmekaar. [Oor allerhande dinge aanhoudend gesels.]

Antoniem:
• los

Vertaling:
Engels: together; consecutively
Nederlands: samen, tezamen

Nota:
• Pas op, as iemand iets vir iemand anders gee, gee hulle dit "aan mekaar" (twee woorde).
• Hulle skryf aanmekaar (een woord) briewe aan mekaar (twee woorde).

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aankom
Volgende onderwerp: boorgat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:59:58 MGT 2024