Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aankom
aankom [boodskap #127355] So, 04 Augustus 2019 10:15
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aankom
Afbreking: aan•kom
Samestelling: aan + kom
Uitspraak: /ˈɑ(ː)nkom/, /ˈɑ(ː)ŋkom/


Werkwoord: kom aan, aankom
Verlede tyd: het aangekom
Teenwoordige deelwoord: aankomende

Betekenis:
• Op 'n plek kom; 'n bestemming bereik.
• 'n Besoek aflê; 'n kort kuiertjie maak.
• Naby of nader kom.
• Beter raak; verbeter.

Gebruik:
• Ons het pas in Pretoria aangekom.
• Ons sal later vir koffie aankom.
• Hy het nie die trein sien aankom nie.
• Haar groentetuin het mooi aangekom.

Sinoniem:
• arriveer
• opdaag

Vertaling:
Engels: to arrive, end up; to drop in, come round; to come close; to improve, come on
Nederlands: aankomen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aanhou
Volgende onderwerp: aanmekaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 09:02:11 MGT 2024