Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aanhou
aanhou [boodskap #127354] So, 04 Augustus 2019 09:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19492
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
aanhou
Afbreking: aan•hou
Samestelling: aan + hou


Werkwoord: hou aan, aanhou
Verlede tyd: het aangehou
Teenwoordige deelwoord: aanhoudend

Betekenis:
• Om verder te gaan en nie op te hou nie; volhard.
• Vir iemand wag.
• In gevangenskap of in besit hou.

Gebruik:
• As die vergadering te laat aanhou, moet ons onsself eerder verskoon.
• Kan u asseblief aanhou, ek wil net u besonderhede opsoek?
• Die polisie sal die krimineel oornag aanhou. Sy hou 'n kat aan.

Spreekwoord:
• Klein begin, aanhou win. [Deur aan te hou bereik 'n mens uiteindelik jou doel.]

Sinoniem:
• voortduur

Antoniem:
• ophou

Vertaling:
Engels: to continue, persevere, persist; to hold (on); to arrest, keep
Nederlands: aanhouden

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aanhalingsteken
Volgende onderwerp: aankom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 09:53:05 MGT 2024