Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » nader
nader [boodskap #127347] Sa, 03 Augustus 2019 20:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
nader
Afbreking: nader
Uitspraak: /ˈnɑː.dər/


Werkwoord: nader
Verlede tyd: het genader
Teenwoordige deelwoord: naderende

Betekenis:
• In aantog wees; die afstand na die doel verkort.
• Met iemand kontak maak om iets te vra of inligting in te win.

Gebruik:
• Die kar nader die afgrond.
• Ek sal die buurman nader om te hoor of ons die muur kan verhoog.

Vertaling:
Engels: to approach, draw near
Nederlands: naderen


Byvoeglike naamwoord: na
Vergrotende trap: nader
Oortreffende trap: naaste
Attributief: nadere

Betekenis:
• Vergrotende trap van na. 'n Korter afstand tussen dinge.

Gebruik:
• My huis is nader as joune.

Antoniem:
• verder

Vertaling:
Engels: nearer, closer to
Nederlands: nader

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verkleining
Volgende onderwerp: kêrelkind
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 09:14:11 MGT 2024