Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » oorgangsklank
oorgangsklank [boodskap #127341] Sa, 03 Augustus 2019 07:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
oorgangsklank
Afbreking: oor•gangs•klank
Samestelling: oorgang + -s- + klank


Selfstandige naamwoord: oorgangsklank
Meervoud: oorgangsklanke
Verkleinwoord: oorgangsklankie
Meervoud van verkleining: oorgangsklankies

Betekenis:
• Die tussenklank (oorgang) wat soms tussen twee opeenvolgende klanke gehoor word soos die spraakorgane van posisie verander.

Gebruik:
• Die agtervoegsel -asie word dikwels met die oorgangsklank [ɦ] uitgespreek. So word "kansellasie" soms uitgespreek as [kɑnsəlɦasi] ('n hasie voor die kansel) en nie as [kɑnsəlasi] nie.

Sinoniem:
• halfvokaal

Verwant:
• svarabakti-klank

Vertaling:
Engels: glide
Nederlands: overgangsklank

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ras
Volgende onderwerp: twyfel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:59:16 MGT 2024