Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verseker
verseker [boodskap #127334] Vr, 02 Augustus 2019 20:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verseker
Afbreking: ver•se•ker


Werkwoord: verseker
Verlede tyd: het verseker

Betekenis:
• As waar betuig; verklaar dat iets met sekerheid te wagte is.
• 'n Kontrak sluit wat eventuele skade teen 'n premie dek.

Gebruik:
• Die vakbond het ons verseker dat niemand afgedank sal word nie.
Verseker jou huis teen brand.

Vertaling:
Engels: to assure, ensure, make certain; insure
Nederlands: verzekeren


Byvoeglike naamwoord: verseker
Attributief: versekerde

Betekenis:
• Vas oortuig; gewis; stellig; seker.
• Deur versekering gedek.

Gebruik:
• Hy het my van sy kameraadskap verseker.
• Ek is teen diefstal verseker.

Antoniem:
• onverseker

Vertaling:
Engels: certain, sure; insured
Nederlands: verzekerd

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: gelyk
Volgende onderwerp: politikus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:09:05 MGT 2024