Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gelyk
gelyk [boodskap #127333] Vr, 02 Augustus 2019 19:26
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19491
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
gelyk
Afbreking: ge•lyk


Byvoeglike naamwoord: gelyk
Vergrotende trap: gelyker
Oortreffende trap: gelykste
Attributief: gelyke

Betekenis:
• Sonder bulte; egalig.
• Op dieselfde tyd.
• Dieselfde; eenders; soos die ander.

Gebruik:
• Die pad is gelyk.
• Hulle het gelyk hier aangekom.
• Deel die koek gelyk tussen almal.

Spreekwoord:
• Die graf maak almal gelyk. [Die dood wis alle verskille tussen mense uit.]

Antoniem:
• ongelyk

Afgelei:
• gelykheid
• gelyktydig
• gelykvormig

Vertaling:
Engels: even; simultaneously; equally, alike, similar
Nederlands: gelijk


Werkwoord: lyk
Verlede tyd: het gelyk

Betekenis:
• Verlede deelwoord van lyk. Vertoon of voorgekom het.

Gebruik:
• Hoe het sy in daai rok gelyk?

Vertaling:
Engels: looked, appeared
Nederlands: gelijken


Selfstandige naamwoord: gelyk
Meervoud:

Betekenis:
• Reg; korrek (iemand gelyk gee).

Gebruik:
• Ek het gelyk, dit is my skuld.

Vertaling:
Engels: right
Nederlands: gelijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verkeerde
Volgende onderwerp: verseker
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Jul 02 08:30:11 MGT 2024